Vreethans was net gelukkig Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 18 June 2016 15:51
Untitled Document

Jan Schuurman van Olympus skryf:
Ons hier in Olive Crescent Aftree-oord verslind Die Bronberger behoorlik van hoek tot kant as ons dit in die hande kry. Die artikels en informasie is altyd baie insiggewend.

Vreethans van Heerden se rubriek oor eetplekke het my nog altyd baie geïnteresseer. In die Mei-uitgawe skryf hy oor John Dory's by die nuwe Olympus Village Mall net hier onderkant ons.

Vreethans was seker baie gelukkig die dag want ons dag daar was 'n groot mislukking met rubberrige stokvis. Toe ons dit onder die bestuur se aandag bring was dit soort van "eet dit of los dit". Onnodig om te sê, maar ons sal nooit weer soontoe gaan nie.

Vreethans antwoord dat hy tongvis bestel het en dis moeilik om ‘n tongvis taai of rubberig te kry. Om stokvis en die meeste ander viskos rubberig te kry, is maklik; Jy verleng net die gaarmaakproses. Om goeie klantediens en vriendelike bestuur te kry, begin kleintyd al met die opvoedingsproses, sê Vreethans. – Red.

 

© 2020 Die/The Bronberger