Advertensies is Engels Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 18 June 2016 15:46
Untitled Document

Louis en Jeanne Peens van Kleinfontein skryf:
Drie hoera’s vir Rayton-apteek. Gaan kyk maar net na hulle nuwe heerlike Afrikaanse inligtingsborde in die apteek. Dit laat ’n mens sommer tuis voel.

Dit is interessant dat daar lesers van die Bronnie is wat kla oor te min Engelse leesstof. Hulle moet maar bietjie gaan kyk na die advertensies dan sal hulle sien dat daar nagenoeg 52 Engelse teenoor 30 Afrikaanse advertensies is en dit ten spyte van die sake se ondersteuners wat sekerlik meer Afrikaans is as Engels. 

Name soos Tiaan en Danie, Amandie en Juanita klink vir my Afrikaans. Hoekom dan die advertensie in Engels? Word ons taaltjie nie maar so saggies-saggies vermoor nie?

Die Bronnie is heerlike leesstof en van goeie gehalte – leesstof om deur almal geniet te word. Dankie daarvoor.

 

© 2020 Die/The Bronberger