Nog ?n ontwikkeling bo-op die Bronberg PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 03 December 2008 19:47
Untitled Document

Wapadrand inwoners is ontstoke oor die beplande nuwe ontwikkeling wat reg bo-op die Bronberg gebou gaan word.

René Geyer van Kierieklapperkop in Wapadrand sê dat daar groot ongelukkigheid en onsekerheid onder haar bure heers.“Ons is baie bekommerd omdat ons nie weet wat gaan gebeur nie. Sover ons bewus is, is die gedeelte bo-op die berg agter Kierieklapperkop’n groen-belt gebied. Wat gaan nou met die bedreigde spesies wat daar voorkom, gebeur,” vra René.

René sê dat inwoners nie behoorlik in kennis gestel is van die ontwikkelaar se voorneme om bo-op die berg te ontwikkel nie. Die ingang na die nuwe ontwikkeling is deur ’n serwituut op Kierieklapperkop se grond.


So lyk dit by Kierieklapperkop
Foto: Mariaan van Staden

Die hekke na die nuwe ontwikkeling is in ’n doodloopstraat en René sê dat daar slegs twee kennisgewings op dié hekke aangebring is waar niemand dit kan sien nie. Sy het ook ’n kennisgewing van die openbare deelname proses in die pos gekry, maar sê bykans geen ander bure het so ’n kennisgewing ontvang nie.

Die kennisgewing sê dat ’n basiese bestek asook ’n omgewingsimpakstudie gedoen gaan word wat voorgelê sal word aan die Gautengse Departement van Landbou, Bewaring en die Omgewing (GDACE). René sê dat sy haar bes probeer om met iemand by dié departement te praat, maar sukkel om ’n persoon te kry wat haar kan raad gee.

Inwoners kon beswaar maak teen dié ontwikkeling op ’n openbare vergadering op 3 Desember, maar moes binne 30 dae ná die plasing van die kennisgewing registreer as ’n belangstellende of belanghebbende persoon. René het in November probeer om al haar bure in die hande kry om hulle te vertel dat daar min tyd is om te registreer.


Die Bronberg agter Kierieklapperkop is nog ongerep
Foto: Mariaan van Staden

Inwoners is bekommerd daaroor dat die ontwikkelaar ’n hoë-digtheid ontwikkeling beplan. Al inligting wat die kennisgewing gee is dat dit ’n residensiële ontwikkeling sal wees op gedeelte 233 van die plaas The Willows 340 JR en dat die applikant Steyn & Welch Inc is. Die openbare deelname proses word deur Golder Associates gedoen.

Vir meer inligting, kontak Prof Gwen Theron by 012-366-0111 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2019 Die/The Bronberger