Gholfdag samel opheffingsgeld in Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 May 2016 10:38
Untitled Document

Die jaarlikse Cullinan Diamantmyn en Cullinanse Kamer van Koophandel se gholfdag was op
26 April. Drie-en-dertig spanne het die dag deelgeneem om fondse in te samel vir die kamer se gemeenskapsopheffingsprojekte. Die wenspan, Interwaste, bestaande uit Marius Pienaar, Nick Matzouplos, Rudi Ferreira en Ronel Emerson, het 28 punte behaal.


Die wenspan was Interwaste met 28 punte. Van lings na regs: Marius Pienaar, Nick Matzouplos, Rudi Ferreira en Ronel Emerson
Foto’s: Belinda van Bella Photography

Selfs Alfred Ntombela, bekend as ‘Shorty’ in Leon Schuster-flieks, het ‘n bedrag bygedra. Juan Kemp, die myn se algemene bestuurder, het die geld wat ingesamel is verdubbel tot ‘n totaal van R70 000, uitsluitende die dagfooie.


Alfred Ntombela, bekend as ‘Shorty’ in Leon Schuster-flieks, en Juan Kemp, algemene bestuurder van die Cullinan Diamantmyn

Dié jaar se begunstigdes is Qumi Huis en die Tshwaraganang Sentrum.

 

 

© 2020 Die/The Bronberger