Cullinan se fees blom in sy 16e jaar Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 May 2016 10:37
Untitled Document

Die Cullifest is vir die 16e jaar in Cullinan gevier. Die drie-dae-lange fees, van 30 April tot 2 Mei, het ’n paar jaar gelede op plaaslik verboude proteas begin fokus.


Sanger en akteur, Willem Botha, wat in 2007 die naaswenner van kykNET se Idols-reeks was,
op die verhoog
Foto: Esperance Grobler

Behalwe vir Japie van Staden se blommeprag was daar ’n opelug verhoog waar top kunstenaars opgetree het, teaterstukke, volop gehalte kunsmarkkraampies en tradisionele eetgoed.  


Japie van Staden by sy proteas
Foto: Elsabé Maré

Proteas is te koop aangebied
.

Die dorstiges kon in die biertuin lafenis soek of hulle wynkennis by KWV se wynproe in die wyntuin op die proef stel.


Michelle en Micala van Pretoria geniet die aartappel op ‘n stokkie
Foto: Elsabé Maré

Die fees is ten bate van die Help-Net Fonds gehou. Dié fonds is in 2000 as ’n nie-winsgewende organisasie gestig en hulle doel is om ’n verskil te maak in die lewens van kinders wat mishandel word.


Boetie en sussie, Janco en Milay Weilbach, van Sasolburg, het elk vir hulle ‘n koning protea gaan uitsoek
Foto: Elsabé Maré

Besoekers kon die name van die proteas wat Japie van Staden kweek op dié manier leer ken
Foto: Esperance Grobler
.


Hulle eerste plek van veiligheid het op 1 Augustus 2003 in Pretoria oopgemaak en sedertdien het hulle regoor Suid-Afrika uitgebrei. Dié plekke van veiligheid is vir kinders wat deur maatskaplike strukture, die Kinderbeskermingseenheid en die Kinderhof weggeneem is van hulle ouers.


Feesgangers kuier aan lang tafels in die biertuin

Dit het gewoel tussen die kraampies

Die Help-Net Fonds is in Libertaslaan 110, Willow Glen. Skakel 012-807-2700.


Leah op die buitelugverhoog. Sy is veral bekend vir haar rol in die Afrikaanse musiekfilm,As jy sing’
.

Daar was volop vermaak vir die jongspan
Foto: Elsabé Maré
.
 

© 2020 Die/The Bronberger