Floors Steenkamp oorlede Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 May 2016 10:35
Untitled Document

Floors Steenkamp van Brandbach is op 25 April aan kanker oorlede.

In ‘Storie van ‘n Statebybel’ het ons verlede maand berig dat Floors sy oupagrootjie, Gerhardus Teodorus Malan, se Statebybel in sy besit het. Vier geslagte se geboortes en sterftes is in dié Bybel opgeteken.

Floris Petrus Johannes Steenkamp is op 13 Augustus 1936 gebore. Hy was van 1973 tot 2003 deel van die Bronkhorstspruitse kommando, en was bevelvoerder van Desember 1995 tot Februarie 2003.

In 2010 het Floors ere lewenslange vise-presidentskap van die Reserwemagteraad ontvang. Dit was destyds sy voorstel om ‘n kommandobond te stig en hy is as interim voorsitter vir die eerste kommandobond gekies, maar het voorgestel dat die bond eerder by die Reserwemagteraad moet inskakel. Floors het toe die kommando’s op dié raad verteenwoordig.


Floors Steenkamp

Floors was ook voorsitter by die OTK vir sy wyk, Witbank, Bronkhorstspruit en Cullinan.

Hy word oorleef deur sy vrou Elaine, sy sewe kinders, Gerhard, Lientjie, Christo, David, Makkie, Leon en Jan-Harm, en kleinkinders Shanel, Johan, Floris, Carl, Tiaan, Lené, Johalize, Marx, Carla, Gerhard, Boshoff en Hané.

Floors is op 29 April op die plaas begrawe, nie ver van sy huis nie. Die begrafnisdiens was in die NG Kerk Premiermyn.

 

© 2020 Die/The Bronberger