Het jy gehoor? / Have you heard? - Mei2016 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 24 May 2016 08:31
Untitled Document


The Cowhouse Market is every Saturday and Sunday from 10 am to 4 pm in Hazeldean. The market is held in an all-weather venue and there is free entry, free parking, free entertainment and large play areas for children. The market is on the corner of Ridge Road and Oukraal Boulevard, Hazeldean. Phone them at 072-399-0154.

~*~


Boma Vleismark het weer die Nasionale Cleaver toekenning gewen. Hulle het die goud gewen en is deur die SA Rooivleisbedryf vereer vir: higiëne, gehalte, diens en waarde vir geld. Op die foto ontvang Hendrik Steenkamp, eienaar van Boma Vleismark, die Cleaver-toekenning van dr Nicolette Hall.

~*~


‘Blomtrein’, bestaande uit Jan Blohm en Neil Nachtrein, tree op 25 en 26 Mei om 8 nm op by die Parkview Barnyard-teater in Moreletapark. Blomtrein voer oorspronklike Afrikaanse musiek op, bekende liedjies uit die pen van Jan Blohm, soos ‘Groen Trui’, ‘Breyten se brief’ en ‘7 Jaar’, asook nuwe liedjies wat Jan Blohm en Neil Nachtrein saam geskryf het. Jan Blohm het verskeie toekennings vir sy werk ontvang: in 2005 drie GMT-toekennings vir ‘Album van die Jaar’, ‘Liedjie van die Jaar’ vir ‘Breyten se brief’ en ‘Beste Nuweling’, asook verskeie Huisgenoot Tempo en SAMA toekennings. Neil Nachtrein is ‘n musiekdiamant van Fouriesburg in die Oos-Vrystaat. Hy het ‘n eiesoortige musiekstyl, wat buite hoofstroommusiek val. Toegang is R130. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat. Skakel 012-368-1555.

~*~


Cullinan Junction hou ‘n Vadersdag-potjiekoskompetisie op Sondag 19 Junie om saam te val met die stoomtreinbesoek van Friends of the Rail. Dit kos R50 om vir dié kompetisie in te skryf en daar gaan twee pryse wees – vir die beste potjie en die kraampie wat die beste lyk. Een van die beoordelaars is Cullinan se bekende koskenner, Lientjie Wessels. Inskrywings sluit op 10 Junie. Ons hoor dat akteur Heino Schmitt (Altus van 7de Laan) daar gaan wees. Vir meer inligting, bel vir Kat by 084-579-1803 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Rand Cat Club presents an all-breeds championship cat show on 21 May at Oewerpark entertainment venue, plot 40, Bashewa on Garstfontein Road (M30). The show is from 9.30 am to
3 pm. Entry is R10 for adults and R5 for children under 12 and pensioners. Phone Jan van Rooyen at 082-775-6730.

~*~

Ons hoor Cullinan se vandale het 'n nuwe gier ontwikkel: Palmbome in mense se erwe word laatnag afgebrand. Minstens drie gevalle is vroeg in Mei aangemeld. Die vermoede is dat die brandstigters nog jonk genoeg is vir ouers om hulle jong basse aan die brand te slaan.

~*~


The next Green Market is held on 4 June from 9 am to 2 pm at the Pretoria National Botanical Gardens at 2 Cussonia Avenue, Brummeria. These events help the general public to become aware and support a greener, healthier lifestyle. Phone the organisers at 083-562-5249.

~*~


Arno Jordaan tree op 27 Mei om 8 nm by Rafters op. Bespreking by 082-600-3469. Toegang is R100 ‘n person. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat en Garstfonteinweg, oorkant Mooikloof.

~*~


Joshua na die Reën tree op 10 Junie om 8 nm by die Parkview Barnyard-teater op. Joshua na die Reën is ‘n Pretoriase sanger, musikant en liedjieskrywer wat onlangs twee Ghoema-toekennings vir Afrikaanse musiek gekry het sowel as die Huisgenoot Tempo toekenning vir ‘Nuweling van die Jaar’. Kaartjies kos R140. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreleta Park. Skakel 012-368-1555.

~*~

The Veterinary Services of the Gauteng Department of Agriculture is planning to undertake a provincial livestock census from May 2016 up to July 2016. The livestock census is aimed at establishing the animal population size and location.

~*~


‘The Parlotones Orchestrated’ is The Parlotones se nuwe vertoning saam met ‘n kamerorkes wat saamgestel is en begelei word deur die komponis en bekroonde musikant, Brendan Jury. Die vertoning word op 30 Mei om 8 nm by die Atterburyteater gehou. Kaartjies kos R250. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


 ‘Kiekies – Lucas se liedjies’ is die naam van Jannie du Toit en Thean Kotze se vertoning op 4 Junie om 7 nm by Asbos-teater. Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (lid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe. Dié twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle vriend, kollega en ’n legende van Afrikaanse musiek passievol aan. Kaartjies kos R120. Die teater is by Karoo Cafe op die hoek van Lynnwoodweg en Albethstraat, Die Wilgers. Skakel 082-564-0999.

~*~


Die Campbells tree op 28 Mei by Weiveld, Bronberg Landgoed in Zwavelpoort op die hoek van die Boschkop-pad en Lynnwoodweg-verlenging op. Kaartjies kos R70. Daar is ‘n ouderdomsbeperking van 18 jaar. Skakel 071-471-6698.

~*~


Die volgende Moreleta Village Mark is op Sondag 29 Mei van 11 vm tot 3 nm. Die mark word onderdak by The Collection in Boendoeweg 2021 langs Woodlands Boulevard gehou. Bel Jenny Nel by 012-993-3638.

~*~


Mathys Roets tree op 6 Augustus om 8 nm by Amatola op. Die vertoning en buffet-ete is R290. Dit kos R130 ‘n persoon vir diegene wat net die vertoning wil sien. Bespreking is noodsaaklik. Bel Dola Geyer by 083-373-9428. Amatola is in Bashewa, uit met Garstfonteinweg-verlenging.

~*~


‘Oorblyfsels’ (Gestruktureerde Fragmente) is die naam van Daniel Eugene Botha se solo-uitstalling van digitale drukke vanaf 11 tot 25 Junie by ArtBox Galery in Barnardstraat 858, Elarduspark. Die opening is op 11 Junie om 5.30 nm. Daniel is ’n kunstenaar wie se werke met hulle grasie en kleurvolle patroon-wisselinge veel bewondering ontlok het en in heelwat private en openbare versamelings opgeneem is. Hy gebruik formele kunselemente soos komposisie, lyn, kleur en herhaling en beperk die tekstuur tot vlak, hardkantige ontwerpe soos in die Pop-kunsbeweging van die sestigs. Die resultaat is uitbundige patrone wat van lewenslus straal. Bel Etienne van Zyl: 083-384-2402.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online