Ons lees en leer lekker Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 24 May 2016 10:28
Untitled Document

Liewe Heksie van Kleinfontein skryf:
Angie en Gerhard, baie geluk met julle Bronberger van April 2016. Dis die mooiste voorblad ooit!

Geluk ook met die pragtige storie oor die Statebybel. Dis voorwaar ‘n prestasie van die familie om dit vir soveel jare te bewaar. Die opvolgstorie van Banjailand is ook baie interessant. Koos Reyneke se aanwysings op die kaart van die ou wapad is baie kosbaar.

Julle doen baie moeite om ons geskiedenis en kultuur behoue te laat bly. Doen so voort, ons lees en leer lekker!

 

© 2020 Die/The Bronberger