Hoendervleis voor grafsteen Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 24 May 2016 10:28
Untitled Document

Wilhelm Schmidt skryf:
Net iets (vreemd/interessant/weird) rakende Irene se konsentrasiekampkerkhof: Ek is in Windhoek gebore; in 1966 word my pa verplaas na Pretoria. Vanaf daardie datum ervaar ek die onverklaarbare drang om die kerkhof by Irene te besoek. Kon geen rasionele rede vind vir die eienaardige ‘gevoel’ nie.

’n Paar jaar gelede ry ek en Edith daar verby en besluit om daar in te draai. Ek stap by die hoofingang in, in die paadjie af en draai links by ’n inham en stap tot by die muur waarop die grafstene gevestig is.
En reg voor my is ’n grafsteen waarop die naam van ’n kind uitgekrap is: Frederik Wilhelm Schmidt Gildenhuys. Praat van hoendervleis . . .

Raaisel: Hoekom het ek reguit na daardie grafsteen gestap? Hoekom my naam en van as voorname vir daardie kind? Ek kan nie onthou dat ek enige ander Duitse name tussen die name van die oorledenes gesien het nie. Miskien ’n Engelse naam hier-en-daar en verder net Boerename. Soos ons (deesdae) op Afrikaans sê: scary.

Toevallig kry ek ’n lys met name van die sterftes in Irene op die Internet. Kyk gerus na nommer 435. Hulle gee die van aan as G*e*ldenhuys, maar op die grafsteen is dit beslis G*i*ldenhuys (met ’n ‘i’). Nie belangrik nie.

Groetnisse en sterkte met julle uitsonderlike mooi uitgawes.

 

© 2020 Die/The Bronberger