Ons hou vakansie Print E-mail
News - Kommentaar
Wednesday, 03 December 2008 21:03
Untitled Document

Net soos baie van ons lesers, gaan ons ook ’n bietjie afsaal en vergeet van werk. Die Bronberger se kantore sluit saam met die skole op Vrydag 5 Desember.

Ons kantore open weer op Maandag 5 Januarie. Die Bronberger se Januarie-uitgawe gaan ’n bietjie later as gewoonlik op straat verskyn omdat ons wag dat al ons lesers veilig terug is van vakansie. Die skole begin weer op Woensdag 14 Januarie en ons sperdatum vir advertensies in ons eerste uitgawe van die jaar val op Donderdag 15 Januarie.

Ons sien uit daarna om in die nuwe jaar weer van julle te hoor. As julle die ou Bronnie te veel begin mis in dié afsaaltyd, kan julle gerus ’n bietjie in ons argiewe gaan rondlees by www.bronberger.co.za. Ons sal steeds in die vakansietyd beskikbaar wees vir enige navrae, wenke of besprekings by die volgende nommers: 082-377-6807 of 083-384-2075.

 

© 2020 Die/The Bronberger