Frans skep Bronnie PDF Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Sunday, 24 April 2016 17:13
Untitled Document

Ontmoet vir Bronnie van den Berg, die karaktertjie wat sy andersoortige ervaring van die alledaagse lewe voortaan met ons lesers gaan deel.

Bronnie van den Berg se skepper is die bekroonde spotprentkunstenaar, Frans Esterhuyse, wat oor 'n lang loopbaan spotprente vir bykans elke Afrikaanse koerant gelewer het. Hy is onder meer deur die FAK met die HB Thom- en MJ Thom-prys vir sy werk vereer.


Frans Esterhuyse

Frans het ingestem om voortaan sy merkwaardige talent tot Die Bronberger se beskikking te stel en 'n volwaardige spotprent op die kommentaarblad word onder meer in die vooruitsig gestel.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online