Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr2016 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Sunday, 24 April 2016 17:09
Untitled Document


Die Tierlantyntjies Kuier- en Koopfees is van 27 April tot 3 Mei in Saalstraat, Zwavelpoort. Daar gaan meer as 60 uitstallers wees wat juwele, klere, geskenke, dekor en speelgoed bied, asook ’n verskeidenheid deli- en koskraampies. Die eenmalige toegangsfooi van R30 is vir sewe dae geldig. Kinders kan gratis ingaan. Stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die sewende Fijnwyn Kos- en Wynfees word op 30 April en 1 Mei in Tierpoort gehou. Die fees is daagliks van 10 vm tot 6 nm. Daar gaan meer as 150 wyne wees en feesgangers kan uitsien na wynproe en -koop, sowel as deli-tipe koskraampies en vermaak vir kinders. Toegang is R150 vir volwassenes, R50 vir kinders tussen 12 en 18, en kinders onder 12 kan gratis ingaan. Die fees word by Shokran op plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Skakel 082-335-5659.

~*~


Ons hoor die Vrymesselaarslosie op Cullinan gaan op 30 April en 1 Mei oop wees vir die publiek. Die Premiermyn-losie is in Oaklaan 115. Vir meer inligting bel Johan Vermaak by 082-496-7158 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Daar is baie mense in die Tierpoort-omgewing wat nie werk het nie en Rita Koster van Bronberg Voere het ‘n plan gemaak om hulle te help. Daar word nou maandeliks ‘n mark, wat gaan oor werkskepping, gehou op die Farmer's Shed-perseel langs Garstfonteinweg-verlenging in Tierpoort. Die volgende mark is op 7 Mei. Bel Rita by 082-447-4461.

~*~


Jak de Priester tree op 29 April op by die Parkview Barnyard-teater in Moreletapark. Die vertoning begin om 8 nm. Jak is ook al die ‘Brooklyn digter’ genoem omdat sy lirieke bekende landmerke bevat soos die Groenkloof Spar en die Brooklyn ‘Mall’. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreletapark. Skakel 012-368-1555.

~*~


‘n Baba-gebaretaal-kursus word tot 21 Mei by die Garsfontein Kliniek in Patryshondstraat 890 aangebied. Die klas begin daagliks om 10 vm en help mense om met babas so jonk as ses maande te kommunikeer. Leer onder meer die gebare wat ‘melk’, ‘meer’ en ‘klaar’ beteken. Skakel 012-998-7023.

~*~


The annual Cullinan Diamond Mine and Cullinan Chamber of Commerce Golf Day is on 26 April. The four ball is R3 000. You can form a four-ball alliance; there will be drinks, live entertainment and massages. Book at Anri Louw: 082-370-7720 or 012-305-2323, or at Zaney J van Rensburg: 012-305-2613.

~*~


Marietta Nel, Hugo le Roux en familie, bekend as Team Fluffy, het die Goliat-van-Gat kompetisie in Maart gewen. Hulle was ook verlede jaar se wenners. Die wenpampoen, genaamd Snowball, het 388 kg geweeg en is met ’n bakkie na die Pretoria Ou-motorklub langs die Pioniersmuseum, waar die kompetisie gehou is, aangery. Volkshulp 2000 het die pampoene wat by die fees ingesamel is verwerk en aan behoeftige mense uitgedeel.

~*~


Ter viering van haar 60ste verjaarsdag en 37 jaar op die verhoog, voer Amanda Strydom op 6 Mei ‘‘n Rugsak vol robyne’ op in die Atterbury-teater. Amanda is in 2012 vereer met die Erepenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar bydrae tot Afrikaanse musiek en in ‘‘n Rugsak vol Robyne’ sing sy liedjies uit haar groot repertoire, asook gunstelinge in Frans, Engels en Nederlands. Sy weef die liedjies saam met gedigte en stories en haar vertoning bevat ‘n gesonde mengsel humor en patos. Amanda word deur die talentvolle pianis, Coenraad Rall, begelei. Die vertoning begin om 8 nm en kaartjies is R140 tot R160. Skakel 012-471-1700. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood.

~*~


Paint Nite evenings will be held at The Collection on 28 April at 7 pm, on 8 May at 12 pm and on 19 May at 7 pm. Your Paint Nite ticket includes painting supplies and all food and beverages can be ordered at the Bistro @ The Collection, which opens from 6 pm on Paint Nite evenings. Bookings are essential. Phone Jenny Nel at 012-993-3638. The Collection is at 2021 Boendoe Road, just off Garstfontein Road, east of Woodlands Boulevard.

~*~

Bric a Brac is die naam van die markie wat op Saterdag 30 April in die oop stuk grond voor The Clay Cottage in Cullinan gehou gaan word. Dit is op die hoek van Stinkwoodweg waar Libraryweg by Swembadweg aansluit. Die mark begin om 9 vm en daar is geen koste om deel te neem nie. Neem net jou eie tafel saam.

~*~


Die Diamant Loop/Draf vir Hoop word op 24 April vanaf 7 vm by die Cullinanse sportgronde gehou.  Jy kan by die Cullinan-apteek op die hoek van Hospitaal- en Suidstraat of by die Cullinanse Spar in Oaklaan inskryf. Die inskrywingsfooie is R30 vir die 5 km en R50 vir die 10 km. ’n Tydelike lisensie kos R30.

~*~


The next Moreleta Village Market Weekend is on 30 April and 1 May. The market is held under the barn roof at The Collection, which offers plenty of seating with protection from the sun and rain. The market is from 9 am to 2 pm on Saturdays and from 11 am to 3 pm on Sundays. Phone Jenny Nel at 012-993-3638. The Collection is at 2021 Boendoe Road, just off Garsfontein Road, east of Woodlands Boulevard.

~*~


‘Jan-tuisbly’ is die naam van die olieverfskildery wat deel vorm van Willem Pretorius se uitstalling, ‘Dagreis / Day Trip’, by die Tina Skukan Galery. Dié uitstalling, wat die mooi in algemene tonele waarby mense gewoonlik verbyjaag uitbeeld, is tot 12 Mei daar te siene. Die galery is op plot 6, Koedoebergweg, Faerie Glen. Skakel 012-991-1733.

~*~


Artist Joy Heyneke is exhibiting a body of work, ‘Restore and Rebuild’ at ArtBox Gallery in 858 Barnard Straat, Elardus Park from 7 to 21 May. The work endeavours to investigate the spiritual concepts of tearing down, rebuilding and restoring original and authentic Biblical precepts of life and instructions for living. Phone Etienne van Zyl: 083-384-2402.

~*~


Die Parkview Winkelsentrum op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat langs die Pretoria Oos-hospitaal hou elke Saterdag ’n mark van 8.30 vm tot 1 nm. Produkte by dié intieme klein markie strek van spesiale kase en olywe tot varsgebakte brood en tuisgemaakte pasta. Skakel 082-884-4428.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online