Dillon slaan rekords Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 24 April 2016 18:58
Untitled Document

Dillon Prinsloo, ‘n graad ses leerling aan die Laerskool Witpoort het ‘n derde plek in die SA Atletiekkampioenskappe met spiesgooi O\12 behaal. Die kampioenskappe was op 11 Maart in Port Elizabeth en Dillon het ‘n afstand van 33.56 meter behaal.


Dillon in die derde plek op die podium by die SA Atletiekkampioenskappe

Hy was ook eerste in die Gauteng Kampioenskappe; eerste in die Gauteng-noord Distriksbyeenkoms, waar hy ‘n nuwe rekord behaal het, en eerste in die Gauteng-noord Clusterbyeenkoms, waar hy ook ‘n nuwe rekord behaal het.


Dillon Prinsloo met sy medalje

 

© 2020 Die/The Bronberger