Gebied groet diereliefhebber wat groot verskil gemaak het PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 24 April 2016 16:53
Untitled Document

Die Bronberg-gebied het een van sy grootste diereliefhebbers verloor. Carol de Beer van Tweedragt is op 4 April oorlede. Sy was een van die mede-stigters van die Whiskers & Tails veldkat-projek.

Carol is in Februarie met bloeiende maagsere gediagnoseer en het die laaste twee weke van haar lewe in die hospitaal deurgebring.


Carol de Beer probeer ‘n veldkat lok om gevang te word vir sterilisasie

Whiskers & Tails is in 2012 in die Zwavelpoort, Shere en Mooiplaats-gebied gestig. Hulle het bewys dat rondloperkatte goed is vir ‘n hoewegebied. As hulle gesteriliseer en ingeënt word, hou hulle ander katte wat sal aanteel weg en beheer peste soos rotte en muise. Whiskers & Tails ontferm hulle ook oor honde.


Carol op haar gelukkigste tussen haar diere

‘n Vriendin en mede-stigter van die groep, Petro Anderson, sê “Carol se plekkie is baie leeg, maar ons gun haar die rus en is dankbaar dat sy ‘n lang lyding gespaar is”.

“Dis nog steeds onwerklik, want alhoewel sy klein van postuur was, was sy ‘n ‘larger than life’ persoonlikheid wat met haar omgang met diere soveel mense se lewens en beskouings oor diere geraak het,” sê Petro.


Carol maak stalle skoon met ‘n kat op haar rug

Die begrafnisbrief bevat ‘n aanhaling, outeur onbekend, wat vriende as ‘n pragtige opsomming van Carol se lewe beskou: “Dit sal nie saak maak watter kar ek bestuur het of wat my bankbalans was nie, die wêreld sal ’n beter plek wees omdat ek ’n verskil in die lewens van die wesens op die aarde gemaak het.”

Carol se verassingsdiens was op 11 April vanuit die Sungardens Hospice se kapel.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger