Raytonse kunstenares stal in London uit PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Sunday, 24 April 2016 16:53
Untitled Document

Die Raytonse kunstenares, Edith Schmidt, is pas terug in die land ná haar uitstalling in London.

’n Groep Suid-Afrikaanse kunstenaars uit elke provinsie in die land is deur die Departement van Handel en Nywerheid geborg om by die Tanya Baxter galery in Chelsea, London, uit te stal.


Edith Schmidt by haar skildery, ‘Yesterday's Heroes’

Edith het ‘n suksesvolle twee-weke-lange uitstalling gehad waar van haar skilderye, soos ‘Yesterday's Heroes’ verkoop is en sy kommissies vir skilderwerk ontvang het.


Een van Edith se skilderye

Edith se werk word ook uitgestal by die galery in Rayton se Coffee Café, wat deur Magda Schmidt bestuur word.


Edith by ‘n Henry Moore-beeldhouwerk voor die House of Parliament in London

Die veelsydige Edith skilder nie net nie, sy sing en rig kinders af in klavier en ander musiekinstrumente by die Cullinan Gekombineerde Skool. Edith is ook voorsitter van die Rayton-kunsvereniging.


'n Paar kunstenaars voor die galery in London

Die NG Kerk Rayton se kerksaal pryk met kunswerke geskilder deur Edith. Dit het alles begin toe die vrouebediening die saal wou opknap om vir funksies te verhuur. Edith het ingestem om die saal te verf.

Volgens haar beeld die natuurtonele die prag van ons land uit.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger