Veearts red my hondjie se lewe Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 24 April 2016 18:44
Untitled Document

Op 1 April het my hondjie Bruno by ons hek uitgegaan. Hy was toe gebyt deur ander honde. Toe hy huis toe kom het hy baie gebloei. Ek het my man gebel en het sy nek en agterbene met verbande toegemaak.


Bruno is veilig tuis

Ons het hom na dr Janes Wagner by Swawel Vet toe gevat. Daar het dr Wagner en al sy personeel ons dadelik gehelp. Ek en my man wil net vir dr Wagner en sy personeel baie, baie dankie sê. Hulle het ons Bruno se lewe gered.

Ons is julle innig dankbaar.

 

© 2020 Die/The Bronberger