Goue mol-storie nou in Amerika Print E-mail
News - Briewe
Sunday, 24 April 2016 18:43
Untitled Document

Mariette Richter van Wapadrand skryf:
Op 18 Maart 2009 her daar ‘n artikel in Die Bronberger verskyn: ‘Goue mol op grens van Wapadrand-ontwikkeling gekry’.

Die molletjie is in my tuin gevind en ek het daarna ‘n kinderstorie geskryf oor die gebeure, ‘Zaza and the Golden Mole’.

Die boek gaan nou op Amazon gepubliseer word vanuit die VSA en die uitgewer soek foto’s om as verwysing te dien vir die illustreerder. Ek het nog ‘n kopie van die artikel en die foto’s daarby en het dit vir hulle gestuur, maar ongelukkig is dit te klein. Julle het nie dalk die oorspronklike foto’s nog beskikbaar nie?

Ek is baie opgewonde oor die geleentheid om die saak van die goue mol onder meer mense se aandag te bring. Daar sal feitelike kennis oor die goue mol in die boek ingesluit word en die uitgewer het selfs voorgestel dat daar ‘n geleentheid geskep word vir mense om ‘n donasie te kan maak ter bewaring van die goue mol!

As u ‘n voorstel het van aan wie sulke donasies gestuur kan word sodat dit wel die saak kan bevorder, sal dit baie welkom wees.

Ons het die foto’s vir Mariette aangestuur. Enige iemand met voorstelle van instansies waaraan sulke donasies gestuur kan word, kan ons bel by 012-734-0522 of ‘n e-pos stuur: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2020 Die/The Bronberger