Oud en jonk geniet eerste Boekedag PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 21 March 2016 05:44
Untitled Document

Die eerste Boekedag is op Saterdag 20 Februarie by Diamantvallei Landgoed op Rhenosterfontein gehou.

Boekliefhebbers het gestroom na dié inisiatief van Hendrik en Alida Verwoerd, wat beplan om die dag ‘n jaarlikse instelling te maak.


Gespreksleier Martin Jansen, middel, praat met skrywers De Wet Potgieter, links, en Alita Steenkamp, regs

In die skrywerstent het verskillende skrywers aan informele gesprekke met radio-omroeper, Martin Jansen, deelgeneem en ’n paar knap storievertellers het die gehoor vermaak.


Van die kraampies op die grasperk

Van die skrywers wat aan die gesprekke deelgeneem het, was De Wet Potgieter, Alita Steenkamp, Peet Venter, Friedel Hansen, Lappe Laubscher, Dirk Hermann, Francois Stemmet, Derick van der Walt, Piet Muller, JJ van Rensburg en Peet du Toit.


Bronberg Uitgewers se Gerhard en Angie Kleijn met die Bronnie se koffietafelboek,
‘Toeka se Dae – Die Karakters’ en vorige uitgawes van Die Bronberger

Ander skrywers wat die dag saamgekuier het was Juliette Whelpton, Nicol Stassen, Ria Claassen, Leon Lubbe, Braam Louw, Ian Raper, Charles Ceronio, Kobus du Toit en Nico Moolman.

Die Bronnie se koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’ en sy uitgewers was ook in die skrywerstent. Op die grasperk was menige kraampies waar nuwe boeke, boekversamelings en tweedehandse boeke te koop aangebied is.


Martin Jansen, regs, praat met Piet Muller in die skrywerstent

Besoekers is aangemoedig om boeke saam te neem vir ’n boeke-uitruil-sessie en mense het hulle oortollige boeke aan die BoekHelp-kraampie geskenk.


Daar was ‘n stewige span kinders by die Boekedag

Daar was selfs ’n storietent vir kleintjies, waar boekvoorlesings en -vertolkings hulle die wonderwêreld van boeke laat ontdek het. ʼn Voorlesing deur kinderboek-skrywer, Ria Claassen, was een van die prettige items op die kinderprogram.

 

© 2019 Die/The Bronberger