Kortpad-manne vier Joost se verjaardag PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 21 March 2016 07:43
Untitled Document

Die manne van Kortpad-Noord het op Saterdag 20 Februarie, op Joost van der Westhuizen se 45ste verjaardag, by Woodlands Boulevard gewys hoe die motorfietse lyk waarmee hulle van die Kaap tot Kairo gery het. Die fondse wat hulle met dié reistog vir Joost se J9 Stigting ingesamel het, is dié dag oorhandig.


Die motorfietse wat van die Kaap tot Kairo gery het was op 20 Februarie by
Woodlands Boulevard te siene

In September verlede jaar het ons berig dat motorfietsryers uit die Bronberg-gebied op ‘n tog vanaf Kaap Agulhas na Kairo vertrek het om geld in te samel vir die bevegting van die motor neuron-verskynsel.

Die Kortpad Noord-groep bestaan uit Heiner Meyer van Mooikloof, Bruce Myburg van Woodhill, Charlie Meyer, wat nou in Nelspruit woon, en Edrique Botha van Zwavelpoort as die vier amptelike ryers en Bou Raath van Silver Lakes as die gasryer.


Edrique Botha van Kortpad-Noord saam met Voetspore se Johan Badenhorst op 20 Februarie by Woodlands Boulevard

Die manne het 21 000 km vanaf September tot November verlede jaar gery en het meer oor hulle tog vertel op 20 Februarie by Voetspore se winkel in Woodland Boulevard. Hulle motorfietse en bykomstighede was op uitstalling en ‘n praatjie oor hulle wedervaringe is deur Johan Badenhorst gelei.


Die span wat deurgedruk het tot in Kaïro, van links na regs: Bruce Myburgh, Charlie Meyer, Edrique Botha, Heiner Meyer

Die J9 Stigting is deur rugby legende Joost van der Westhuizen begin om diegene wat aan motor neuron siekte ly en hulle families finansieel en emosioneel te ondersteun en om navorsing oor die siekte te finansier.

 

© 2019 Die/The Bronberger