Skietgeveg by Diamond Hill-tolhek eis vier lewens PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 21 March 2016 05:38
Untitled Document

‘n Polisiebeampte en drie verdagtes is in die vroeë oggendure van 2 Maart in ‘n skietgeveg by die Diamond-Hill-tolhek, net ná die Rayton/Cullinan-afrit van die N4-snelweg, dood.

Volgens Valke-woordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi, het die voorval 1:45 vm plaasgevind.

Hy sê dat beamptes van die Silverton-blitspatrollie ‘n motor wat verdag gelyk het op die N4-snelweg van die pad afgetrek het. Die vyf insittendes het op die beamptes begin skiet toe hulle nadergestap het. Die 32-jarige konstabel Max Lekalakala is doodgeskiet. Twee van die verdagtes is noodlottig gewond toe die polisiemanne begin terugskiet het. Een verdagte is gewond en is by die hospitaal dood verklaar en nog ‘n verdagte is ernstig gewond en onder polisiebewaking in ‘n hospitaal.

Die vyfde verdagte het ontsnap en is later in die veld deur die honde-eenheid opgespoor. Hy is in hegtenis geneem en het in die Bronkhorstspruit-landdroshof op aanklagte van moord, poging to moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie verskyn.

Die polisie het beslag gelê op ‘n tabletrekenaar, sewe selfone en drie ongelisensieerde vuurwapens met ammunisie.

 

© 2019 Die/The Bronberger