PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 21 March 2016 05:34
Untitled Document

Die Brandbach-pad (pad 460) is lewensgevaarlik, sê motoriste wat dié grondpad noord-oos van Cullinan daagliks moet gebruik.


Die indraai na die Brandbach-pad (pad 460) vanaf die Bronkhorstspruitpad (R513)

Hulle sê die gevaarlikste deel van die pad is by ‘n blinde draai op die bult. Die pad het daar so verspoel dat slegs een voertuig op ‘n slag kan deurry, soos oor ’n nou brug. Inwoners weet van dié probleem en trek van die pad af om te wag as hulle ‘n ander voertuig sien nader kom.


‘n Slegte deel van die pad bo-op die bult

Besoekers en die groot aantal swaar voertuie wat op dié pad ry weet egter nie van die gevaarlike deel nie. Inwoners sê dat daar binnekort ‘n ernstige ongeluk gaan wees as die pad nie reggemaak word nie.


‘n Vragmotor kom van voor af oor die bult en moet aan die verkeerde kant van die pad ry omdat daar ‘n diep sloot aan sy kant is

Die pad word glo elke nou en dan geskraap, maar na die eerste reënbui het die skerp rotse oopgespoel en is daar slaggate en diep slote oor die pad. Volgens inwoners dra die swaar voertuie daartoe by dat dié pad so vinnig agteruitgaan.

Pad 460 is deel van die T5 toerismeroete na Onverwacht en word ook gereeld deur voëlkykers gebruik.

 

© 2019 Die/The Bronberger