Aan my seun Print E-mail
News - Briewe
Monday, 21 March 2016 07:25
Untitled Document

Anoniem van Pretoria skryf:
Aan my seun, André: Hoekom ek die brief in Die Bronberger plaas? Jy wapp nie meer nie en ook vra jy my, wat jou ma is, nie meer hoe dit met my gaan en of ek okay is nie. Dit maak seer. Jy het weggetrek.

Natuurlik is dit vir jou bitter moeilik om my ‘nee’ te aanvaar. Dit kan ek goed begryp, want as ’n mens jonk is steun ’n mens oormatig op jou eie vermoëns en jou begrip en waardebepalings staan los van die algemene samelewing s’n.

’n Jong mens is uniek. Jou situasie is uniek. Jy maak jou eie reëls. Wat jy egter moet ervaar is dat ek deur dieselfde bos geloop het. Wat jy moet weet is dat my weiering nie gegrond is op wantroue nie, daarvoor ken ek jou te goed, maar op ervaring. 

Weet net watookal jou pad vorentoe en jou besluite is dat ek jou as ’n ma altyd sal liefhê. Bly hard werk en bou ’n goeie toekoms. Jy is nog jonk. En dankie dat jy nie op dwelms is of alkohol gebruik nie.
Pas jou op. Ek hoop jy lees hierdie briefie in Die Bronberger. Jou enigste ma vir altyd.

 

© 2020 Die/The Bronberger