Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb2016 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 22 February 2016 18:44
Untitled Document


Waar is al die koekoeke hierdie jaar? Waar die Piet-my-vrou se geroep ‘n mens gewoonlik bykans teen die mure uitdryf in die middel van die somer, was hy hierdie jaar stil. Mense sê hulle het hom so een of twee keer in November hoor roep en van toe af nooit weer nie. Ander afwesige roepe was dié van die Diederik en die swart koekoek. Dit is net die spookvoël wat elke nou en dan gehoor word. Is die res van hulle hier, maar tjoepstil of het hulle die Bronberg-gebied stilletjies verlaat? Ons hoor graag lesers se mening by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-734-0522.

~*~


Vanaf Maart bied die Shere kunsateljee elke laaste Saterdag van die maand van 10 tot 11 vm lesing-demonstrasies oor verskillende aspekte van kuns. Almal is welkom, van diegene wat graag wil begin skilder tot bedrewe kunstenaars en versamelaars. Die een-uur lesings, aangebied deur gesiene kunstenaars, kos R100 en sluit verversings in. Daar gaan slegs 10 persone per lesing wees. Die ateljee is op hoewe 35, Catherinestraat, Shere. Bel Susan by 072-744-1459.

~*~


Begin solank uitsien na die Protea Cullifest. Dié fees word die naweek van 30 April tot 2 Mei in Zonderwaterweg, Cullinan gehou. ‘n Vermaaklikheidsprogram met sangers en een-man-vertonings, ‘n groot verskeidenheid koskraampies, kindervermaak en gekeurde uitstallers maak dat daar iets vir almal sal wees. Dié fees word reeds 15 jaar suksesvol deur die NG Kerk Premiermyn in Cullinan, aangebied. Vanaf 2013 is proteas uit die Cullinan-omgewing ‘n  aantreklike toevoeging tot die fees. In 2015 het die gemeente hande gevat met die Helpnet Fund, ‘n nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie wat huise van veiligheid vestig vir kinders wat van ouertoesig verwyder word. Helpnet Fund bedryf drie sulke huise in Gauteng en die nood is groot om meer huise oop te maak.

~*~


‘Die Hartseerkind – vir Ingrid Jonker deur Sabine Goethals’ word op 8 Maart by Asbosteater by Karoo Café aangebied. In dié opvoering bring die Vlaamse aktrise en voordragkunstenaar, Sabine Goethals, hulde aan digter Ingrid Jonker. Verteller en akteur, Jonas Vanthielen, vertel haar verhaal en sanger-liedjieskrywer, Divan, laat toonsettings van Jonker-verse opklink. Die vertoning begin om 8 nm. Kaartjies vir studente is R100 en vir volwassenes R120. Asbos is op die hoek van Lynnwoodweg en Albethstraat, Die Wilgers. Skakel 082-564-0999.

~*~


Ons hoor Maudie Smit, ’n sakevrou van Cullinan, beplan om ’n Guinness-wêreldrekord in dié dorpie te slaan deur die meeste Harley Davidson motorfietse ooit in ’n enkele parade te laat deelneem. Maudie wil 2 500 van dié brulperde oor ’n afstand van vyf kilometer in die parade laat ry om sodoende die rekord wat in Griekeland opgestel is, te verbeter. As jy wil deelneem of van iemand weet wat sal wil, bel haar by 012-734-1810 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Friends of the Faerie Glen Nature Reserve is doing MiniSass river monitoring on Saturday 19 March. Participants will meet on the lawn in front of the entrance building at 8 am. Bring along a hat, magnifying glass (not compulsory) and children with good eyesight. The friends are also doing invasive plant hacks and clean-ups on Saturday 20 February at 7.30 am and Saturday 9 April at 8 am. Take pruning shears, a hand-saw, gloves, hat, working shoes and water. Phone Jaco at
071-140-4412, Louise at 072-275-0614 or send an e-mail to This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

~*~


Die Dorslandtrekgedenksteen gaan op Saterdag 19 Maart van 9 tot 11 vm in die Historiese Gedenktuin van die Voortrekker-Monument onthul word. As jy ‘n afstammeling van dié trekkers is kan jy ‘n krans vir jou familie daar gaan lê. Vir navrae kontak Rina Willemse: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-347-4115 of 079-199-8728; Anton Louw: 012-999-3100 of 082-403-8348; en Danie Kok: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-333-1652 of 082-335-2254.

~*~


Die Cullinan Bewarea beplan om ‘n junior veldwagter kursus aanbied. Die kursus sal op Saterdae en gedurende die skoolvakansies buite aangebied word en sal prakties en ouderdomgerig wees. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

AnnaMari Morkel het laat weet dat Oupa Eddie Jansen in ons Januarie-uitgawe (‘Nuwejaar soos voorsate gevier dat dit klap’) eintlik Oupa Joseph van Staden is.

~*~


’n Noodhulpkursus (vlak een) word vir die laaste naweek van Februarie deur die Rayton/Cullinan-buurtwag beplan. Die koste van R550 sluit 'n studiegids en sertifikaat in. Mense wat belangstel kan 084-464-1798 skakel vir meer inligting.

~*~


‘As Drome Vlerke Kry’ is die naam van ‘n opvoering op 27 Februarie om 8 nm by Atterburyteater. Dit speel af in Huis Silwerjare, ’n ouetehuis waarin Egbertus (Hennie Smit) en Aria (Arina de Witt) woon. Dit is die vooraand van die jaarlikse konsert en Egbertus en Aria kom altwee uit die vermaaklikheidswêreld. Met ’n interessante kinkel in die stuk, kom ’n mens nie agter of die produksie by die ouetehuis of in Las Vegas afspeel nie. Kaartjies is R160 tot R180. Atterburyteater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


‘n Gemengde media groepuitstalling word in Februarie by ArtBox in Elarduspark gehou. Liekie Fouche se skilderye was onlangs deur Nataniël op sy TV program, ‘Edik van Nantes’, in Parys bevorder en sy het vyf nuwe werke vir die uitstalling voltooi. Die bygaande foto is van haar skildery, ‘A new day’. Daar is ook bome, blomme en voëls van Terry Kobus op ou koeverte en landkaarte, Joy Heyneke se verfkuns, Louis Kok se etse, asook Leslie Reinhardt en Alain Nortje se landskappe. Keramiek deur Jacqui Deane en verskeie funksionele artikels deur 10 ander kunstenaars word ook uitgestal. Bel Etienne van Zyl by 083-384-2402.

~*~


Elvis Blue tree op 11 Maart by Rafters op. Sy 9 nm optrede word deur Landman voorafgegaan. Die kaartjies kos R120. Rafters is oorkant Mooikloof, op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat. Bel Arline by 082-600-3469.

~*~


Lakelands Aarbeiplaas hou op Paas-Maandag, 28 Maart ‘n gesinsdag met springkastele, ‘n waterglybaan, gesigverf, kolwyntjie versiering en ‘n paaseier-skattejag. Aktiwiteite is van 9 vm tot 3 nm en dit kos R30 om deel te neem. Lakelands is op plot 23, Tierpoort. Skakel 072-942-5111.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online