Bronnie se Toekaboek by Boekedag PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 22 February 2016 18:43
Untitled Document

Diamantvallei hou op 20 Februarie ’n Boekedag en die Bronnie se koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’ en sy uitgewers gaan ook daar wees.

Daar gaan ’n skrywerstent wees waar verskillende skrywers aan informele gesprekke oor hulle werk gaan deelneem, uitgewers met boekversamelings, nuwe uitgawes en skrywers, ’n paar knap storie vertellers, ’n storie tent vir kleintjies, uitgewers van e-boeke asook tweedehandse boeke te koop.

Besoekers kan boeke saamneem vir ’n boeke-uitruil-sessie of jy kan jou oortollige boeke skenk aan die BoekHelp-kraampie. Die dag bied ook gesellige kuiers by die koek-en-koffie kraampie en speelplek vir kinders. Toegang is R25.

Die aand voor die tyd word ’n Klank-glansaand gehou met kaas en wyn en sang, musiek en ander Afrikaanse kultuurgoed. Kaartjies kos R120. Bel Alida Verwoerd by 083-258-5239.

Diamantvallei is op Rhenosterfontein. Neem die Rayton/Cullinanaf rit van die N4-snelweg. Draai regs, rigting Kempton Park. Ná 2,5 km draai links by die Diamantvalleibord en volg dan die bordjies vir
1 km.


‘Toeka se Dae – Die Karakters’

‘Toeka se Dae – Die Karakters’ kos R295, koerier- en poskostes uitgesluit. Die boek is beskikbaar by die volgende plekke:

  • Die Bronnie se Cullinan-kantoor: skakel 012-734-0522.
  • Tania Potgieter lewer boeke aan mense in die oostelike hoewegebied. Bel haar by 072-089-0227.
  • Heart of Coffee in Cullinan. Bel Kat Behrens by 084-579-1803.
  • Donkerhoek Veearts by die Jan Ellis-sentrum naby die N4 se Rayton- Cullinan-afrit.
    Skakel 072-974-4914.
  • Protea Boekwinkel, Burnettstraat 1067, Hatfield. Skakel 012-362-5684.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online