Nog ‘n gewapende roof langs Bronkie-pad Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 22 February 2016 20:38
Untitled Document

Daar was nog ’n gewapende roof op 4 Februarie op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104). Dié keer was die roof verder oos met dié pad naby die Kiepersolweg-afdraai na Misty Meadows in Rietfontein.

‘n Vrou het van die pad afgetrek om iets in haar kattebak te kry. Twee swart mans in blou oorpakke her haar vanaf die oorkant van die pad bestorm. Hulle was met ’n 9 mm vuurwapen en ’n mes gewapen. Die mans het gegryp wat hulle kon en het weer in die bosse in die N4 se rigting gevlug.


Die gewapende roof was op die deel van die Ou Bronkhorstspruitpad naby die Kiepersolweg-afdraai

In Februarie verlede jaar het ons berig dat daar toenemende voorvalle van kapings op die stuk van die Ou Bronkhorstspruitpad tussen Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) en die Mooiplaats-grondpad is. Dié gedeelte van die pad word deur prostitute beset en op hulle beurt weer deur ander misdadigers wat wag vir voertuie om af te trek. Dan word die voertuie gekaap, die insittendes beroof en aangerand.

Gewapen
Die groepe misdadigers is gewapen en bestaan uit enige getal van vyf to twaalf persone. ‘Klante’ van die prostitute, sowel as onskuldige persone wat net van die pad aftrek, word geteiken en in die veld in gedwing, waar die rowers uit die oog van verbygaande motoriste die roof afhandel.

Motoriste word aangeraai om glad nie langs die Ou Bronkhorstspruitpad stil te hou nie.

 

© 2020 Die/The Bronberger