Het jy gehoor? / Have you heard? - Jan2016 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 25 January 2016 22:18
Untitled Document


Bederf jou geliefde hierdie Valentynsmaand by Lakelands Aarbeiplaas. ‘n Valentyn-liefdadigheidsbal word op Saterdag 13 Februarie ten bate van die Marthie de Bruin Akademie gehou. ‘n Verskeidenheid Valentyn-piekniekmandjies is van 5 tot 21 Februarie op bespreking beskikbaar. Dié romantiese pieknieks kan op die rivieroewer of op die groen grasperke langs die eendedam gehou word. Lakelands is op plot 23, Tierpoort. Skakel 072-942-5111.

~*~


Koos Kombuis tree op Valentynsdag op by Cockpit Brewhouse in Cullinan. Toegang is R130. Ander musikante wat in Januarie daar optree is Deon Dee Volschenk op Saterdag 23 Januarie; Francois Viljoen op Sondag 24 Januarie; Janie Bay op Saterdag 30 Januarie; en die Charlie King Blues Trio op Sondag 31 Januarie. Cockpit Brewhouse is in Oaklaan 80. Skakel 012-734-0656.

~*~


The Hedianga Beast Trail Run will be held on Valentine’s Day, Sunday 14 February at Hedianga Farm,85 Achilles Road, Olympus. There will be live music, gourmet food stands, craft beer, gourmet coffee, product stands, picnic spots, a chill zone and many prizes to be won. Entry is R90 for the
5 km Beauty and the Beast run; R100 for the 10 km Bully Beast; and R130 for the 15 km Big Bad Beast. Registration is from 5 am to 6:50 am and the race starts at 7 am. The route takes an undulating course on mountainous terrain, rocky climbs and descents, grassy sections, single-track and jeep track. The first 800 finishers will receive prizes and medals. People will compete in junior, senior, veteran and master categories. Male and female overall winners for the 15 km run will get a R1 000 prize; the second prize for the 15 km run is R500 and the third prize R250. Phone the organisers at 082-552-0955. Enter online at: https://regonline.activeeurope.com/hediangabeast2016 (pre-entries only).

~*~

Ons hoor dat die pikkie van Refilwe, wat voorheen glo moeilikheid in die nuwe dorp deel van Cullinan veroorsaak het, tot huiseienaars se groot konsternasie nou weer op straat gesien word.

~*~


Ons hoor daar was ‘n reuse Oujaarsaand partytjie by Weiveld gewees. Weiveld is ‘n nuwe Afrikaanse langarm naweek-kuierplek by Bronberg Wynlandgoed in Zwavelpoort. Dewald Wasserfall en sy orkes het opgetree en twee platejoggies het die dansers aan die gang gehou. Arno Jordaan tree op
29 Januarie daar op en die toegang is R50. Lianie May tree op 30 Januarie op en die toegang is R70. Weiveld hou op Saterdag 13 Februarie ‘n Valentynsaand saam met Sharoney, Cordelia en Charlize Berg. Toegang is R70. Kaartjies is beskikbaar by www.groottickets.co.za of by die deur.
Skakel 071-471-6698.

~*~


‘Gravity 24/12’ is die naam van ‘n uithouvermoë sportfees wat op Saterdag 30 Januarie by Rosemary Hill opplot 257, Mooiplaats gehou word. Die dag begin om 7 vm en deelnemers kan inskryf vir ‘n 24, 12 of ses ure lange uithouvermoë rit met bergfietse of ‘n 24, twee of ses ure lange uithouvermoë drafroete. Jy kan ‘n solo-inskrywing doen of in ‘n span van twee of vier spanlede deelneem. Skakel 012-802-0052 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Zwavelpoortse Monte De Dios hou ‘n Bruidskou op 30 en 31 Januarie. Wat dié skou anders maak is dat ‘n regte troue gehou gaan word. Diegene wat die skou bywoon gaan soos regte trougaste die troukoek kan proe, ‘n maaltyd geniet en vermaak word. Modeparades word deur Top Models gehou, die musiek is deur platejoggies en musikante, daar gaan formele kos- en wynproe geleenthede wees, piekniekmandjies en informele koskraampies. Monte De Dios hou ook ‘n Valentynspiekniek en romantiese fliek in die park om 6.30 nm op 13 Februarie. Die koste is R380 per paartjie. Hulle is in Achillesweg 106, Zwavelpoort. Skakel 071-100-3305 of 072-590-4847.

~*~


Ons hoor dat Cullinan-inwoners mekaar uitdaag om te sien wie die meeste gewig kan verloor. ‘Biggest Loser’ is die naam van die uitdaging wat by die Cullinan-diamantmyn se sportsentrum aangekondig is. Die uitdaging is van 1 Februarie tot 18 Maart en die manlike en vroulike wenner sal op Vrydag 18 Maart by ‘n braaivleis-geleentheid aangekondig word. ‘n Mens kan nog tot 31 Januarie inskryf teen R150 vir gimnasium-lede en R300 vir die wat nie lede is nie. Deelnemers gaan elke derde week geweeg en gemeet word.

~*~


Nataniël bring sy nuutste liedjies en Engelse en Afrikaanse skrywes na die verhoog met ‘n aand van vertelkuns, fantasie, komedie, musiek en ‘n asemrowende garderobe. Die kostuums is deur Floris Louw. Charl du Plessis speel die klavier, Werner Spies die bas en Hugo Radyn die tromme. ‘How the moon got her name’ word by die Atterburyteater opgevoer van 25 tot 30 Januarie en weer van 1 tot
6 Februarie. Kaartjies kos R180 tot R200. Geen kinders onder 15 en geen selfone word toegelaat nie. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


‘Bonfire Hearts’, a tribute to acoustic, unplugged and Celtic rock, featuring musical moments from all decades and songs that will appeal to all ages, is the name of a show held at the Barnyard Theatre Parkview. A 10-piece cast of musicians and singers introduces lesser known instruments such as the banjo, the mandolin and the fiddle as well as piano, acoustic and electric guitars. Instrumental highlights include ‘Duelling Banjos’ and ‘The Lord of the Dance’. The show is at 8 pm on Thursday
28 January and at 2 pm on Sunday 31 January at the theatre in the Parkview Shopping Centre, corner of Garstfontein Road and Netcare Street, Moreleta Park. Phone them at 012-368-1555.

~*~


’n Eksklusiewe vertoning van die nuwe romantiese film, ‘Vir Altyd’, word op Sondag 31 Januarie deur ‘Sarie’ by die Atterburyteater aangebied. Akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts gaan die aand daar wees. Dié twee voorheen bekende 7de Laan akteurs het ook die suksesvolle film, ‘Pad na jou Hart’, gemaak. ‘Vir Altyd’ is nie ‘n opvolg op dié film nie. Kaartjies kos R150 en die film is twee ure lank. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

 

© 2024 Die/The Bronberger