Ontmoet kleurvolle karakters uit ou Pretoria PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 25 January 2016 20:36
Untitled Document

Skop die nuwe jaar af met die Bronnie se koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’. Dié boek met sy lekkerlees stories sal enigiemand, met of sonder ‘n belangstelling in die geskiedenis, boei.

Die fokus is op die kleurvolle karakters van meer as ‘n honderd jaar gelede. Lees meer oor waaghalse, grootpraters, mynmagnate en luister na spookstories, gruverhale en skinderstories oor ou Pretoria se eerste inwoners.

Beskikbaar
‘Toeka se Dae – Die Karakters’ kos R295, koerier- en poskostes uitgesluit.
Die boek is beskikbaar by die volgende plekke:

  • Die Bronnie se Cullinan-kantoor: skakel 012-734-0522.
  • Tania Potgieter lewer boeke aan mense in die oostelike hoewegebied. Bel haar by 072-089-0227.
  • Heart of Coffee in Cullinan. Bel Kat Behrens by 084-579-1803.
  • Donkerhoek Veearts by die Jan Ellis-sentrum naby die N4 se Rayton-Cullinan-afrit. Skakel 072-974-4914.
  • Protea Boekwinkel, Burnettstraat 1067, Hatfield. Skakel 012-362-5684.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online