Vreethans van Heerden en Metgesel besoek kuierplekke
in die Bronberg-gebied ongenooid en betaal
self vir dit wat hulle geniet, of dalk nie geniet nie
Dit was aankopiedag vir ons
by Farm City se koöperasiewinkel.
Met die perdekos, suip-krip, dipstof
en allerlei op die bakkie gelaai, laat
weet my maag vir my kop hy moet
my bene in ’n rigting stuur na ’n
plek waar die innerlike versterk
kan word en
sommer gou
ook.
Net ’n klein
entjie van die
koöperasiewinkel
af dra ons bene
ons deur die
eetvertrek van
Koffietijd tot in
die tuin. Ja, ek
bevind my al
weer in ’n teetuin,
maar dié
keer is die klem
openlik op koffie.
Koffietijd, op
die Hollandse
manier.
Ons neem stelling
in op ’n
parkbankie wat
voor ’n tafeltjie
staangemaak is.’n Groot en
mooi sambreelboom,
van die
papierbas-soort,
verskaf welkome
koelte teen die
hetige son. Vriendelike waarskuwing:
As jy self effe breed van bas
is, wil jy nie by een van die tafeltjies
met die groen, metaalstoeltjies
gaan sit nie, tensy jy natuurlik ’n
vraat vir pyn is.
Aan die een kant van ons is ’n mak
dieretuintjie waar kleingoed se
opgewonde stemmetjies elke dan
en wan deur die kras geskreeu van’n reuse papegaai uitgedoof word.
Aan die ander kant is ’n Plantland
se kwekeryplek.
Oral by die ander tafeltjies is groepies
kletsende vrouens saamgekoek.
Ek tel agtien vrouens, ses
stootwaentjies en ’n hele aantal
kleuters wat nie lank genoeg stilstaan
om behoorlik te kan tel nie.
Ek tel net een man, en dit as ek
myself bytel. Lekker gesellig by dié
Koffietijd.
Koffietijd se tuin het heerlike koelte teen die hetige son
Die ontbytspyskaart bied jou
13 keuses, van ’n Spaanse omelet
tot ’n Amerikaanse ‘Hapi Waffle’.
Die ‘Ysterman ontbyt’ (met spinasie)
en die ‘Breakfast Trifle’ lyk heel
ongewoon en vang die oog. Maar
dit vir ’n ander keer. Die maag
beveel die brein om ’n vleiskossie
te bestel. Ek oorweeg ’n hamburger
of boerewors en Putu pap. Of
dalk die geduldige ou steak en
tjips. Uiteindelik val die besluit op
die bobotie met geelrys.
Die bobotie was geurig. Nie te
skerp nie, maar tog. Na my smaak
oordoen hulle die rosyne, van die
groot vormlose soort, en skeep
hulle die ou porsietjie geelrys af.
Die bobotie was ook effe te droog
en melerig.
Gelukkig was daar ’n vol bottel
miesies Balls byderhand. Ek vermoed
die bobotie was dalk net te
lank in die warm-oond, daarom
ook dat die boonste eiervla-lagie
klipsteen hard was. Maar dit het
tog die holkol getref en die porsie
was ruim genoeg. Dit kos R49.50.
Metgesel was baie gelukkig met
haar keuse; ’n pannekoek gevul
met feta en spinasie. Dit was veral
die ‘slim’ plan van Koffietijd se sjef
om ’n tamatie-en-uie-sheba daarby
te bedien, wat haar grensloos beïndruk
het. Metgesel is baie partydig
vir ’n tamatie-en-uie-mengsel saam
met omtrent enigiets. Die gevulde
pannekoek kos R37.
Koffietijd bied ook ’n goeie
verskeidenheid ligte etes, soos tramazzinis
en quiches aan en ek is
nie verbaas om te sien dat daar
ook ’n ‘kiddies menu’ is nie.
En oor dit ’n koffietuin is, kan jy
natuurlik uit ’n aantal koeke en
terte kies – van die spyskaart af,
nou. Die plek het ook ’n ‘volle’
dranklisensie. |