Ponie spring slagterslem vry om wesies te help PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 25 January 2016 20:19
Untitled Document

‘n Ponie wat die slagter se byl vrygespring het, het in Desember gewys hoe graag sy ander gebrokenes help.

Op ‘n perdepartytjie wat in Desember vir wesies van Kungwini Welsynsorganisasie gehou is, het Patrys, ‘n ponie wat 13 jaar gelede gered is, ‘n groot verskil aan Randall se lewe gemaak.

Randall is een van die kinderhuiskinders wat na die Kerspartytjie by Liberty Stalle gegaan het. Hy is in ‘n rolstoel en wou graag vir die eerste keer in sy lewe perdry. Randall is op Patrys getel en sy het doodstil gestaan terwyl dié proses aan die gang was. Daarna het sy baie versigtig met hom rondgestap, ‘n gebeurtenis wat Randall nou nog bybly.


‘n Stralende Randall op Patrys se rug
.

Randall word uit sy rolstoel getel om op Patrys se rug gesit te word

Juanita Jamneck van Liberty Stalle vertel dat hulle 13 jaar gelede die enigste mense, behalwe vir ‘n slagter, was wat by ‘n veiling op Patrys gebie het. Niemand wou haar hê nie omdat sy so ‘n kort stertjie het.

“Patrys het sedertdien bewys dat sy haar gewig in goud werd is,” sê Juanita.

Die perdepartytjie is deur Diane York, Penny Main en Nicky Garnett, wie se perde by Liberty Stalle woon, gereël. Van die kinders wat by dié stalle perdry het ook met die partytjie gehelp.

 

© 2019 Die/The Bronberger