Oplossing vir gatpaaie PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 11 November 2008 05:51
Untitled Document

Na baie jare se frustrasie is ’n oplossing uiteindelik gevind om Tierpoort se berugte gatpad weer min of meer gangbaar te kry. Die verskriklike vergatte ou teerpaadjie is eenvoudig met ’n padskraper weggeskraap om weer’n heel skaflike grondpad bloot te lê (foto links). Miskien kan dieselfde oplossing ingespan word om die teerpaadjie in Zwavelpoort (foto regs) meer gebruiksvriendelik te kry. Dié paadjie is vir jare met moeite deur inwoners van die gebied in stand gehou, voor swaar konstruksievoertuie dit ’n haas onmoontlike taak begin maak het.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger