Hoe het Kersfees 200 jaar gelede gelyk? Ons kyk na gebeure wat Oos-Kaapse grensboere die Kersfees van 1815 met ‘n bitter smaak in die mond gelos het, maar ook na geskenke, modes, koetse, porselein, ‘n stel tweegeveg pistole en selfs Saartjie Baartman se agterstewe.
In 1815 het die Zuid-Afrikaansche Republiek en Republiek van die Oranje Vrystaat nog nie bestaan nie en die Kaap was onder Britse beheer. Teen die einde van 1815 het iets gebeur wat as een van die redes vir die ontstaan van die Groot Trek, wat dié twee republieke tot gevolg sou hê, beskou word.
Nederland het die Kaapkolonie in 1814 finaal aan Brittanje afgestaan. Daardie jare het die kolonie tot teen die berge voor die groot sentrale plato, bekend as ‘Boesmansland’, gestrek. Dit was ongeveer 194 000 vierkante kilometers groot met ’n bevolking van sowat 60 000, waarvan 27 000 blank, 17 000 vrye Khoikhoi en die res slawe was.
Slagtersnek
‘n Boer genaamd Frederik Cornelis Bezuidenhout van die plaas wat vandag as Somerset-Oos bekendstaan, het in 1815 sy Khoikhoi werker, Booi, van diefstal verdink en het sy loon teruggehou.
Booi het Frik by die landdros op Graaff-Reinet gaan verkla. Toe Frik die tweede keer faal om voor die hof te verskyn, is hy op 5 Oktober 1815 tot een maand gevangenisstraf gevonnis.
Die Britte wou hulle gesag oor die oosgrens-boere duidelik maak en het op 16 Oktober 1815 ‘n mag van 12 Khoikhoi soldate, bekend as Pandoere, met ‘n blanke offisier na Frik se plaas gestuur om hom in hegtenis te neem.
Dominee TJ Herold van die NG Gemeente George moes die rebelle-leiers op die dood voorberei en bystaan
Frik het hom verset en is deur een van die Pandoere doodgeskiet. Op sy begrafnis het sy broer, Johannes Bezuidenhout, wraak gesweer en ‘n opstand teen die Britse regering in die Kaap begin beplan.
Kort daarna is Hendrik Prinsloo in hegtenis geneem en ander boere in die omgewing het by die opstand aangesluit. Op 18 November 1815 het die rebelle egter aan die Britse mag by Slagtersnek oorgegee. Frik se broer Johannes het hom teen inhegtenisname verset en is doodgeskiet.
Die galgbalk van Slagtersnek, waaraan die tereggesteldes gehang is, nadat dit uit ’n ou huis naby Langhope-stasie gehaal is deur, van links na regs: JF de Lange, H Beneke, VE Hulme en PSM de Klerk
Die res van die rebelle het Kersfees in die tronk deurgebring; 32 van hulle is uit die Oos-Kaap verban en ses van die rebelle-leiers is op 20 Januarie 1816 op ‘n klag van hoogverraad ter dood veroordeel. Een van hulle, Willem Krügel, is later deur lord Charles Somerset, die Kaapse goewerneur, begenadig.
Hendrik Frederik Prinsloo, Stephanus Cornelis Bothma, Cornelis Johannes Faber, Theunis Christiaan de Klerk en Abraham Carel Bothma is op 9 Maart 1816 in die openbaar gehang. Vier van die galgtoue het gebreek, maar afgesien van omstanders se gesmeek om die mans te begenadig, is hulle weer gehang.
Waterloo
Die Kersfees van 1815 was die eerste een ná Napoleon Bonaparte by die slag van Waterloo oorwin is.
n dié slag op Sondag 18 Junie 1815 is die Franse ryk onder aanvoering van Napoleon en Michel Ney oorwin deur die sewende koalisie, wat Anglo-geallieerde magte onder bevel van die hertog van Wellington en ‘n Pruisiese weermag onder bevel van Gebhard von Blücher ingesluit het.
Dié nederlaag was die einde van Napoleon se heerskappy as Franse keiser en ook amptelik die einde van die Franse Rewolusie. Louis XVIII was terug op die Franse troon, Napoleon het geabdikeer, oorgegee aan die Britte en is na St Helena verban, waar hy in 1821 dood is.
Paul Delaroche se portret van Napoleon
Bron: De Agostini/Getty Images
Saartjie
Saartjie Baartman, wat in Europa as die ‘Hottentot Venus’ bekend gestaan het, is op 29 Desember 1815 in Parys, Frankryk oorlede. Sy is in 1789 in die Gamtoosriviervallei in die Oos-Kaap gebore.
Skaars in haar twintigs is sy deur ‘n Skotse dokter, Alexander Dunlop, en ‘n vermaaklikheidskunstenaar, Hendrik Cesars, verkoop sodat haar reuse agterstewe in London tentoongestel kon word.
Ná Dunlop se dood in 1814 het Saartjie Parys toe getrek. Saam met twee vermaaklikheidskunstenaars, Henry Taylor en S Reaux, is sy in vertonings by die Palais-Royal tentoongestel.
‘n Franse spotprent van ‘La Belle Hottentot’, Saartjie Baartman
Dié soort vertonings het minder gewild geword en Saartjie het in armoede voortgeleef tot haar dood van ‘n onbekende inflammatoriese siekte in Desember 1815. Ná haar dood het Georges Cuvier, ‘n professor van vergelykende anatomie by die Parys-museum haar liggaam gedissekteer en haar oorskot tentoongestel. Vir meer as ‘n eeu en ‘n half kon besoekers aan die Museum van die Mens in Parys na Saartjie se brein, beendere en geslagsdele gaan kyk.
Haar oorskot is eers op 6 Mei 2002 teruggestuur na die Gamtoosriviervallei. Saartjie is op 9 Augustus 2002 op Vergaderingskop in Hankey tot ruste gelê.
Kersboom
Sou die Kapenaars in 1815 Kersbome in hulle huise gehad het? Daar was genoeg Duitse immigrante aan die Kaap wat die antwoord waarskynlik ‘ja’ sal maak. Duitsland het glo die Kersboomtradisie soos ons dit vandag ken, begin.
‘n Duitse Kersboom circa 1815
Bron: lapouyette – Und die dinge des lebens
Tog is siprestakke eeue voor dit reeds in huise ingebring om die son se winter-draaipunt te vier en die lente nader te roep. ‘n Hele versierde boom om Christus se geboorte te vier, het in die 16e eeu in Duitsland posgevat.
Die eerste Kersboom met liggies het glo in 1808 tot stand gekom toe die gravin Wilhemine van Holsteinborg kersies aan ‘n boom aangesteek het. Dié waskerse was duur en nie almal kon dit bekostig nie. Dit is aanvanklik net as ‘n protestantse gebruik gesien en het eers in 1815 wyer aanvaarding begin kry.
Mode
Europese modes het in 1815 hoogty gevier aan die Kaap.
Franse uitrustings vir mans uit 1815
Bron: A Thousand Pixels |
Modes by ‘n dans – die kadriel soos eerste by Almack’s in 1815 in London gedans is
Bron: Colonial Dance |
Franse mode in 1815
Bron: Hope Greenberg
. |
‘n Oostenrykse hoed en jas vir Desember 1815
Bron: John Bell |
‘n Aandrok vir 1815
Bron: Ackermann Fashion Plate |
‘n Rok gemaak vir buitenshuise wandeling in 1815 se Engeland
Bron: Ackermann's Repository |
Die nuwe styl Britse aanddrag in 1815
Bron: British Library |
Geskenke
Wat sou mense vir Kersfees 1815 as geskenke gekry het?
Dié satiriese skets wys koninklike Krismisbokse en Nuwejaarsgeskenke vir Desember 1815 en Januarie 1816. Die afdruk is deur George Cruikshank gemaak en deur M Jones gepubliseer
Bron: British Museum |
Worcester porselein uit 1815
Bron: Tennants Auctioneers
. |
‘n Snuifblik uit 1815, gemaak deur die Fransman, Gabriel-Raoul Morel
Bron: Met Museum |
Derby porselein uit 1815 met ‘n landskap-toneel
Foto: 1stdibs.com
.
. |
Tipiese speelgoed uit die prinsdom-tydperk. In die Verenigde Koninkryk was dit die tydperk van 1811 tot 1820 toe Koning George III as onbevoeg verklaar is om te heers en sy seun, die Prins van Wallis, regeer het. Hy het George IV geword toe sy pa in 1820 dood is
Bron: ‘Antique toys and dolls’ by Constance E King |
Seuntjie op ‘n houtperd in 1815, deur Henry Sargent
Bron: MFA Boston |
‘n Amerikaanse houtpop uit die prinsdom-tydperk
Bron: Metropolitan Museum of Art |
‘n Sakhorlosie uit 1815
Bron: Greater Manchester Museum Group
.
. |
‘n Naaldwerkkissie uit 1815. Dié kissie met sy baie klein kompartementjies en laaitjies het benodigdhede vir naaldwerk en borduurwerk bevat
Bron: Victoria and Albert Museum, London |
Oorlog-mode
Die Kaap was onder Britse beheer en ons kyk hoe wapens en Britse uniforms gelyk het.
Britse uniforms van 1812 tot 1815 |
‘n Britse militêre styl Flintlock offisierspistool, gebruik van 1803 tot 1815 |
Vervoer
Dit was die dae van poskoetse, waens en koetse met spoggerige binnekante.
‘n Belgiese wa wat gewondes van die slagveld af vervoer het ná die Slag van Waterloo in 1815
Skildery: John Augustus Atkinson |
Dié koets dateer uit 1815 tot 1820
Foto: Arlington Court © National Trust
. |
‘n Britse koninklike poskoets wat in die jare 1815 tot
1830 gebruik is
Foto: Science Museum Group |
Die binnekant van ‘n koets in 1815
Foto: Arlington Court © National Trust
. |
|