Is dié dalk jou voorsate se grafte PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 22 December 2015 11:01
Untitled Document

Waar is die familie van die Els en Smit-mense wat in ‘n klein plaasbegraafplasie in die Witpoort-omgewing begrawe is? Die raaisel is ten dele opgelos toe Sunette du Toit die graffoto’s op die Bronnie se Facebook-blad gedeel het.


Die plaasbegraafplasie in die Witpoort-omgewing
.
.

“Hier rus ons dierbare dogtertjie Elizabeth Wilhelmina, gebore 8-4-1924, oorlede
19-6-1924”

Sunette sê dat dié grafte op ’n baie slegte plek op hulle plaas is. ‘n Mens moet oor die treinspoor loop soontoe, want daar is nie ’n pad nie. Sy sê dat hulle onlangs ’n veldbrand gehad het en sy toe makliker daar kon uitkom om foto’s van die grafte te neem.

Ná die foto’s geplaas is, het Dot Els Chalmers laat weet dat sy die enkele Els-graffie kan eien.


“Hier rus Andries Petrus Els en Christiaan Phulluppes Els, gebore en overleden 22 November 1907. Ouers CP en EW Els”

“Hier rust Johannes Teöbollus Smit, gebore 20 November 1850, oorlede 6 Julie 1932”
.

“Ter herinnering aan ons dogtertjie, Susara M Smit, gebore 2 November 1884, oorl . . .”
.

“Ek het vandag van my tannie gehoor dat hierdie my pa se tweelingboeties was,” sê Dot. “Dit was my ouma se eerste kinders en sy het op sewe maande geboorte gegee. Altwee is dieselfde dag nog dood.

Ek het gedog my ouma-hulle het al die tyd op Kleinfontein gebly, maar blykbaar toe nie.”


“Ter herinnering aan ons seuntjie, Johannes L Smit, gebore 6 Julie 1891, oorl . . .”

“Ter herinnering aan Lourens JB Smit, gebore 2 Augustus 1878, oorlede 8 September 1897”

“Ter herinnering aan ons seuntjie, Hendrik P Smit, gebore 27 April 1880, oorlede 16 Mei 1880”

“Ek het vanaand sommer trane gekry toe my tannie die storie vertel. My pa het toe een van die tweeling se name gekry en sy ouer broer die ander tweeling se naam. Dis hoekom ek geweet het dit moet familie wees. Ek wonder steeds van wanneer tot wanneer hulle op daardie plaas gebly het,” sê Dot.

Sunette sê die res van die grafte in dié plaasbegraafplasie behoort aan Smitte. Daar is 10 grafte, waarvan agt stene nog leesbaar is.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online