Kersvoorblaaie uit Bronbergland PDF Print E-mail
News - Artikels
Tuesday, 22 December 2015 10:41
Untitled Document

Hierdie is die 13e Kersuitgawe wat die Bronnie met sy lesers deel. En soos met vorige uitgawes in Desember, probeer ons met ‘n oorspronklike voorblad vorendag kom wat die gees van die tyd sal uitbeeld. Ons kyk hier met dankbaarheid terug na die twaalf vorige Kersvoorblaaie.


Desember 2003
Alindi Scheffer van Klipkop het saam met Charlotte die Friesperd gesorg vir ‘n Kersfeesfoto op ons Desember 2003 voorblad


Desember 2004
Joan en Joe Duarte het knap in 2004 die bekende Rafters Restaurant oorkant Mooikloof oopgemaak en die destydse kroegie vir die Kerstyd versier. Die kroegmeisie het model gespeel


Desember 2005
Matthew Christie van Mooikloof was vyf jaar oud toe hy en die klein Rottweiler-hondjie gesorg het vir Desember 2005 se Kersfees-voorblad


Desember 2006
In 2006 het ons probeer om die kers in Kersfees uit te beeld en dié kandelaar met kerse in die buitelug op die Bronberg se kruin afgeneem


Desember 2007
Fred, die blou plotperd, het in 2007 rooi takbokhorings gekry om as voorbladmodel op te tree. Ou Fred het agt jaar later in Desember vanjaar, die lewe verlaat


Desember 2008
‘n Kersvaderpoppie is in 2008 in ‘n blommende papierbasboom in Zwavelpoort sitgemaak om as ‘n meer inheemse Kersboom te dien


Desember 2009
Die sakkende Bronbergse son het as agtergrond gedien vir ons Kersvoorblad in 2009


Desember 2010
‘n Geskiedkundige kerkie in Cullinan se toring en klok was in Desember 2010 op die Bronnie se voorblad


Desember 2011
In 2011 het Dora, die Labrador-kruishond haar dag gekry om die Kersvoorblad te haal. Dora is vanjaar in die rype ouderdom van 15 en ‘n half jaar dood


Desember 2012
‘n Enkele kers is in 2012 teen die agtergrond van ‘n antieke platespeler se koperbeuel afgeneem om ‘n Kerskaartjie-voorblad te maak


Desember 2013
In 2013 het Rudi Aschenborn dié foto van ‘n besondere Bronbergse Kerswindpomp in Grootfontein geneem


Desember 2014
Dié ou klok en sy torinkie staan bykans gewyd en verlate op die ou Hazeldean-melkplaas. Dit was verlede jaar op die Bronnie se Kersvoorblad

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online