Paul Jungnickelhuis hou Kersmark Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 11 November 2008 07:30
Untitled Document

Die Nickel Kersmark word vanaf 5 tot 17 Desember by die Paul Jungnickelhuis gehou.

Daar gaan ongeveer 200 uitstallers wees wat handgemaakte items verkoop en die mark is ook oop op Sondae. Die Nickel Kersmark is vir die eerste keer in 2001 begin en is een van die Paul Jungnickelhuis vir gestremdes se grootste fondsinsamelingsprojekte.

Die mark se doel is om fondse te genereer vir die 138 volwasse gestremde persone in die tehuis. Dit is ook ’n werkskeppingsgeleentheid vir werklose mense om opgelei en aangemoedig te word om handgemaakte items te maak. Die mark dien as platform om dié produkte te verkoop.

Jou ondersteuning van die Kersmark kan ’n groot verskil aan dié werklose mense en volwasse gestremdes se lewens maak. Koopkrag en Pretorium Trust is welkom en daar is ’n teetuin vir asemskep tussen inkopies.

Die Paul Jungnickelhuis is op plot 214, Zwavelpoort. Ry reguit oos met Lynnwoodweg-verlenging en jy sal die tehuis slegs 4.5 km vanaf die kruising van Hans Strijdomrylaan en Lynnwoodweg kry. Voldoende veilige parkering is beskikbaar.

Vir meer inligting kontak Daleen Botes by 012-809-0020/1.


Handgemaakte Kerspersente te kies en keur by die Nickel Kersmark
 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger