Om hand aan verfkwas te waag PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 December 2015 10:37
Untitled Document

Elsabé Maré

Almal wat nog nooit geskilder het nie, is genooi om oor ‘n bottel wyn en verversings hand aan verfkwas te waag.

Die idee was die breinkind van kunstenares Edith Schmidt en Magda Schmidt, eienares van Coffee Café op Rayton, waar die verf-aand op 26 November gehou is.


Skilderpogings in ‘n Raytonse galery

Elke aspirant-kunstenaar is van ‘n seildoek, verf, kwas en palet voorsien. Rika Heever het die prys gewen vir die mens wat die proses die meeste geniet het en Maryna Pieterse die prys vir die kleurvolste skepping.

Magda sê as sy ‘n prys kon toeken aan mense wat die meeste gelag het, sou dit aan Petro Engelbrecht, Helena van der Merwe, Nicky Coetzee en Cindy Nel gegaan het.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger