Sake-ontbyt bied boodskap van hoop PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 December 2015 10:31
Untitled Document

Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Gauteng-Oos het op 19 November ‘n sake-ontbyt in Erasmuskloof gehou om vennote vir hulle ondersteuning te bedank.

Bekende gaste het gestrek van sakevrou, skrywer, deeltydse dominee in Kameeldrif, radio en TV-aanbieder, Liesel Krause-Wiid, akteur en sanger, Johan Scholtz en die singende tromslaner, Ghapi.


Van links: Johan Scholtz; Henda van der Merwe, direkteur van CMR Gauteng-Oos; Daniel Rossouw, gasspreker; Maretha Nortje, CMR; Liesel Krause-Wiid; en Ghapi

Die gasspreker was dr Daniel Rossouw, mnr SA Hoop-finalis en die pa van ‘n pleegkind. Sy boodskap was op hoop gesentreer en hy het die CMR aangemoedig om hulle take voort te sit.

Ongeveer 50 mense werk in die CMR se Gauteng-span en 24 plaaslike gemeentes word betrek, van Cullinan in die noorde tot Centurion in die suide. In 2015 het dié span bykans 9 000 voorkomende en vroeë ingrypingsake hanteer en 21 014 begunstigdes is bereik.

 

© 2019 Die/The Bronberger