‘n Tradisionele Nuwejaarsfees met aktiwiteite vir jonk en oud word op 1 Januarie by die Pioniersmuseum in Silverton gehou. Boeresportaktiwiteite soos sakresies, toutrek, ballongooi en die pret paddaspringkompetisie begin om 08.30 vm. Daar is ook ‘n sweepklapkompetisie, kultuurdemonstrasies, soos die maak van vetkerse, karring van room tot botter en die maal van koffiebone, by die 1848 Pioniershuis. Geniet ‘n sny brood warm uit die buite-bakoond met regte botter en konfyt, of staan saam tou vir heerlike pap en kaiings. Gidse in periodedrag uit die 1840’s bied begeleide toere deur die waenhuis aan. Daar gaan vlooimarkkraampies wees en volop kos te koop. Jy kan ook jou eie piekniekmandjie of braaigoed saamvat. Toegang vir volwassenes is R20, vir kinders onder 12 jaar R10 en vir voorskoolse kinders gratis. Skakel 072-323-9758.
~*~
Die Cullinanse Familie Pretdag is op 16 Desember vanaf 10 vm by Cullinan Junction en die Premier Hotel in Hotelstraat. Daar is optredes deur Durbanites, Jacques Terre'blanche, DJ Josh, Julius Walt, QBeats en Michelle Grace. Die pretdag bied ook ‘n speelarea vir kinders onder toesig, vlooimarkkraampies, heerlike kos, kaas en wynproe, ‘n Hotelstraat-braai, kunsuitstalling, geskiedenistoere en wildritte. Die dag eindig met Kersliedjies. Toegang is gratis. Skakel 071-154-2401.
~*~
Al die storetjies en staaltjies oor hoe die plaas Brandbach aan sy naam gekom het, is baie interessant en alles, sê Jan Malan, maar alles is bloot landelike legendes, kan jy maar sê. Want hy wat Jan is het in sy besit die oorspronklike kaart en transport van die ou plaas wat uit 16 November 1859 dateer en aan die heel begin reeds is die plaas 'Brandbach' gedoop.
~*~
Celebrate New Year’s Eve with an 80′s Rewind party at Barnyard Theatre in Moreleta Park. The shows starts at 9 pm with three sets, ending at 1 am, including a countdown to midnight. The colourful cast will rewind to synth pop, new wave and arena rock in the most authentic 80′s style. We’re talking British new-wave bands such as Duran Duran, The Police and Dire Straits, pop synth such as The Human League, Culture Club, Thompson Twins and Depeche Mode. There will also be the American more rocky sounds of Bruce Springsteen, Tom Petty, Steve Miller Band, Blondie and Talking Heads. On the pop front, there will be Phil Collins and Peter Gabriel from Genesis and on the alternative front, bands such as REM, The Cure and Violent Femmes. The Barnyard is on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street, Moreleta Park. Phone them at 012-368-1555.
~*~
Die Raytonse Inni Lang-Gras hou op 31 Desember ‘n Oujaarsaanddans en neon strandpartytjie. Baie pryse kan gewen word en Karien Husselman gaan optree. Kinders is welkom – daar sal springkastele wees om hulle te vermaak. Wat die eetgoed aanbetref is daar pizza, braaipakke, pap, sous en slaaie. Dié plek sê hulle wil nie hê mense moet drink en bestuur nie – vat jou tent saam en kamp sommer net daar uit. Toegang is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Skakel 082-324-4039.
~*~
Die Nickel Kersmark is nog tot 16 Desember aan die gang. Die mark is daagliks oop tussen 9 vm en 6 nm by die Paul Jungnickelhuis, Kungwini Welsynsorganisasie op plot 214, Zwavelpoort. Skakel 012-940-0221.
~*~
Op 19 Desember is daar ’n Kersmark by Rayton Christian Church. Mense wat ’n kraampie wil bespreek kan Cecile vir besonderhede bel by 012-734-8000.
~*~
Wearable Art or Functional Art is the name of the Tina Skukan Gallery’s last exhibition of the year. The exhibition, which is on until 12 December, is brought to you by various creatively inspired artists and consists of affordable, artistically created wearable and functional works of art. Tina Skukan Gallery is at 6 Koedoeberg Road, Faerie Glen. Phone them at 012-991-1733.
~*~
Randall Wicomb neem luisteraars op 13 Desember op ’n reis deur sy lewe met van sy mooiste liedjies. Hy tree om 4 nm by Atterburyteater op. Randall sing al vir meer as 40 jaar van heimwee en hoop, kleur en liefde in die taal wat so na aan sy hart lê. Hy vertel ook staaltjies uit sy biografie ‘Kleur’, wat pas verskyn het. Kaartjies is R140 tot R160. Atterburyteater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.
~*~
’n Inbreker wat oor ’n grensmuur gespring het om te vlug ná ’n huisinbraak op Rayton, het pens en pootjies binne in die buurman se swembad beland. Ongelukkig kon hy swem.
~*~
‘The French Boy Sings’ is a New Year’s Eve concert at Brooklyn Theatre, starting at 10 pm. The concert features Benjamin Falletto and the Brooklyn Theatre Salon Ensemble with Sergio Zampolli on accordion. Benjamin, an accomplished performer of French Chansons and French Jazz, performs hits by Jacques Brel, Charles Trenet and Yves Montand. Brooklyn Theatre is on the corner of Thomas Edison Street and 13th Street, Menlo Park. Phone them at 012-460-6033.
~*~
Steve Hofmeyr voer sy gunsteling Country-liedjies op by Atterburyteater. Die opvoerings is op 14 en 15 Desember om 8 nm en sluit bekende liedjies in soos Dobie Gray se ‘Drift Away’, die Staccato’s se ‘Cry To Me’, Kenny Rogers se ‘The Gambler’, die Bellamy Brothers se ‘If I Said You Had A Beautiful Body’, Glen Campbell se ‘Rhinestone Cowboy’, die Eagles se ‘Heartache Tonite’ en Crosby Stills & Nash se ‘Teach Your Children’. Kaartjies is R180 tot R220. Atterburyteater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.
~*~
As jy 'n tradisionele Kersete wil geniet, maar nie kans sien vir die 'groot kook' nie, kan jy en die gesin afsit Kitty Hawk toe op Kersdag. Lamsboud, geroosterde vark, hoender, slaaie en groente met malvapoeding met vla en roomys agterna, kan teen R140 per kop geniet word. Kinders onder ses jaar eet gratis. Bel 076-491-2109 om te bespreek.
Jy kan ook by die Kalahari Windpomp in Grahamweg (Lynnwoodweg-verlenging) op Kersdag aansit vir 'n keuse uit tien vleisgeregte en wat daarmee saam gaan. Dit kos R200 en vir kinders onder 10 jaar R50. Bespreek by Okkie: 081-097-9509 |