Geel tokse vir Krismis PDF Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Tuesday, 22 December 2015 10:22
Untitled Document

Beste oom Krismisfaader,

Dis weer ek oom, daai soet oukie van Donkerhoek. My naam is mos Daantjie – oom weet mos?

Dis droog hier, oom. My Pa sê as dit nog droogter en warmter word, gan die henne begin poeiereiers lê en die boorgatte gan net stoom en stof pomp. Is dit waar oom, of speel my pa weer sommer net?

Soos annerdag toe die biere hier kom braai het oom. Toe lig my pa sy glaas hoog – hulle sê dis ‘n huildronkie offe ding, oom – en toe sê my pa: Hiers op die persident se nuwe airie. Mag hy val waar hy wil. En toe sê my ma dis nie rêrig nie, my pa speel sommer.

Oom hoef nie vanjaar vir my ‘n kenoe te bring nie, oom – die dam is droog. Dink oom ek is nou al groot genog vir ‘n kwatbaaik, oom? Ek dink so oom, maar my ma sê sy weet darem nie so mooi nie en my pa sê oor sy dooie ligam, hy sal liewer vir my kwat op my bas gee. Oom hoef mos nie vir my pa en ma te luister soos ek moet nie, oom?

My ma sê ok vandat sy lees hoe die mense op die vuisboek vir mekaar skryf, dink sy Krismisfaader moet hierrie jaar vir amal wooreboeke bring. Hoekom oom? Ek hou meer van prenteboeke as van wooreboeke, maar my ma sê sy sal bly wees as amal op die vuisboek kan wooreboeke kry. Maar dis ‘n saak tussen my ma en oom Krismisfaader, mos? Niks met kinners uit te waai nie.

Soos as oom Dammetjies van langsaan laat by die huis kom en hy slaap die hele nag in die perd se stal: Dan is dit ‘n saak tussen hom en tannie Dammetjies. Niks met ons kinners uit te waai nie. So sê my ma, al het ons oom Dammetjies daar wakker gemaak toe ons na brekvis by die perd gaan kuier het. Die perd se naam is ou Poon, oom, en hy hou baie van appels en van wortels.

Toe sê my ma dis ok nie ‘n skanne om in ‘n stal te slaap nie. Sy sê mens kan maar net na die Kersverhaal kyk om dit te weet. Toe sê my pa dis baie waar en hy sê my ma kan diep wees as sy tyd kry en hy kyk met sukke mooi oë na my ma. Hoe is mens as jy diep is, oom? Is tannie Krismisfaader ok diep as sy tyd kry oom?

Weet oom wat jikskei, is oom? Ek dink dis sport, want my pa sê hy gan nou maar vir die jikskei skree, want as die poletiekusse en anner goggas so aanhou met die rakbie mors, sal hy notte dinges weer vir die Springbokke skree nie. Hulle maak van rakbie ‘n speelbal, sê my pa en ek virstaan nie want ‘n rakbiebal is mos klaar al ‘n speelbal, oom?

Al sê my pa so, kan oom maar liewer vir my ‘n rakbiebal as ‘n jikskeibal bring oorlat ek so soet was, asseblief oom. Ek belowe ek sal nie lat die poletiekusse met my rakbiebal mors nie. En regte tokse, assebief oom. Geeles, soos Pollard sin.

Los maar eers nog die kwatbaaik oom. Ek is nie lus vir die kwat op my bas oor my pa se dooie ligam nie.
Dankie oom, totsiens oom en oom moet mooi ry.

Daantjie van Donkerhoek.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online