Blaaskans PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 22 December 2015 10:20
Untitled Document

Die tyd vir ons jaarlikse blaaskansie hier by die Bronnie, het weer aangebreek. Die Bronberger se kantore sluit op Donderdag 10 Desember. As alles na beplanning verloop, sal ons weer op 5 Januarie 2016 terug wees in die saal – gereed vir 'n jaar van opwindende nuwe Bronnies.

Ons beoog om die eerste uitgawe van die nuwe jaar vanaf Woensdag 20 Januarie te begin versprei. Teen daardie tyd behoort almal al weer volstoom en geesdriftig aan die gang te wees en kan adverteerders die nuwe jaar met die maksimum blootstelling begin.

Die sperdatum vir ons Januarie-uitgawe is Woensdag 13 Januarie. Dit is die dag waarop die skole ook hulle nuwe jaar afskop.

Adverteerders en lesers met enige navrae of wenke kan ons steeds in die vakansietyd bereik deur ons selnommers te bel: Tania: 072-089-0227, Angie: 083-959-1016, Gerhard: 082-377-6807. Iemand sal ook gereed staan om boodskappe te neem by ons kantoornommer: 012-734-0522.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online