Die verhaal van een van Pretoria se heel eerste skole
kan nooit vertel word sonder die staaltjies oor Meester
Louis en sy koetshuis, waar die eerste ‘kosgangers’ in
stalle tuisgegaan het, nie. Ons is in die jaar 1883 in
die Zuid-Afrikaanse Republiek en ons stap oor
Markplein skool toe.
’n Hollander met die naam van
Wessel Louis het meer as
200 jaar gelede as skoolmeester
in Pretoria aangekom. Hy het diep
voetspore getrap waarin ons grootjies,
sy leerlinge, soms willig en
soms onwillig, gevolg het.
Rosa Swanepoel se navorsing wys
dat Meester Louis onthou is as ’n
figuur “met ’n oop ‘paraplu’ gewapen
om die felheid van die somerson
af te weer en ’n swart ‘Everlasting’
baadjie, met ’n klompie
boeke onder die arm en met ’n
paar ekstra hoë polvye”.
Die materiaal wat deur die boere ‘Everlasting’ genoem is, is ’n materiaal
van Angorabokwol. “In sy klaskamer tooi hy hom verder
met ’n randlose swartfluweel
mussie. Sy yl grysbaardjie en sy
lang hare het nogal ’n opmerklike
kontras met sy mussie gevorm. ’n
Ronde grynsende figuur met ’n
lang stok in die hand . . . het onuitwisbare
indrukke nagelaat.”
Van Meester Louis se eerste leerlinge
het Groot Piet Grobler, ’n
familielid van die Staatspresident,
Cornelis Wielbach, later regsgeleerde,
Dewalt Bodenstein, later
professor, Jan Jurie Schoeman,
later myningenieur, Mortimer
Malherbe en Dowe Jan Celliers,
later landmeter, ingesluit.
Selfs ’n lid van die Nederlandse
adelstand was vir drie jaar by
Meester Louis op skool. Jonkheer
C Beelarts van Blokland was die
seun van GJ Th Beelarts van Blokland,
gesant van die Suid-Afrikaanse
Republiek in Nederland.
?n Ander aansig op die Staatsmodelskool. Die huis regs van die skool het behoort aan RD Collins en was ook die koshuis.
Meester
Wessel Louis is in 1845 in Raalte,
Nederland gebore. Hy het in 1875
na Suid-Afrika gekom en was eers
vir ’n ruk skoolhoof in Potchefstroom.
Hy het in 1883 skoolhoof geword
van die Opleidingskool in Pretoria,’n instansie vir hoër onderwys met
leerlinge ouer as St. VI. Om ’n voldoende
toevoer van leerlinge te
verseker, is ’n Voorbereidingskool,
wat onderwys tot St. VI gegee het, ’n jaar later aan hierdie inrigting
verbind.
In 1887 het die twee afdelings
saamgesmelt en kort daarna het dit
as die Gymnasium, onder leiding
van Meester Wessel Louis, een van
die belangrikste skole in Pretoria
geword.
In haar Pretoria Geselsbrief, noem Rosa Swanepoel dat die Louisgesin
in ds SJ du Toit, Superintendent
van Onderwys in die ZAR, se
huis op die noord-westelike hoek
van Kerk- en Kochstraat, wat nou
bekend staan as Bosmanstraat,
gewoon het met hul aankoms in
Pretoria.
Reeds hier het ’n aantal seuns as ‘kosgangers’ by die gesin ingewoon.
Die skool was op daardie
stadium in die ou skoolgebou op
Kerkplein.
Huis
Later het Meester Louis, met geld
wat hy van sy skoonvader in
Nederland ontvang het, ’n huis wat
eers aan President Burgers behoort
het gekoop. Die huis was op die
hoek van Kerk- en Prinsloostraat.
Van die stoep aan Prinsloostraat se
kant het ’n mens ’n uitsig op Markplein
gehad.
Die huis het ’n pragtige tuin met
baie vrugtebome, ’n granaat- en
vyelaning en ’n druiweprieel, gehad.
Daar was ’n
roosheining aan drie
sye van die erf. Water
is uit ’n voor gekeer
wat met Prinsloostraat
afgekom het.
Die terrein het bestaan
uit vier erwe
met ’n woonhuis,
koetshuis en stal. Dit
is dié ruim koetshuis
wat eers as skoollokaal
gedien het,
alhoewel daar dikwels
ook onder ’n groot
wilgerboom skoolgehou is.
?n Skets deur Van Blokland van die agterkant van Meester Louis se woonhuis.
Stal
Rosa se navorsing wys dat die stal
as slaapvertrek gebruik is. Een van
Meester Louis se dogters het
geskryf dat haar pa in die begin
reeds aan ’n paar leerlinge, Nicolaas
Smit, Koos Schoeman en die
tweeling Johannes en Antonie
Kock, losies verskaf het.
Leerling Fanie Bezuidenhout het
vertel van sy ontnugtering toe hy
die eerste keer as ‘kosganger’ by
dié skool aangekom het en uitgevind
het dat hy in ’n perdestal
met krip en al moes bly.
Leerling Hansie Kleinhans het blykbaar
vir Meester Louis gesê dat hy
nie gewoond was daaraan om in ’n stal te slaap nie en dit ook nie
nou wil doen nie. Daarop het die
meester as volg geantwoord:
“Zoo myn lieve jongen, is dat
zoo? Kan u my zeggen waar Onze
Lieve heer geboren is?”
“In Bethlehem . . . in ’n stal
Meester.”
“Nou dat is braaf van u. Is u
wellicht beter als onze lieve Heer?” “Nee Meester.”
“Nou ja mijn lieve jongen, u gaat
ook maar in die stal slapen.”
Bou
Op ’n dag in November 1885 toe
almal buite onder die wilgeboom
les gehad het, het die studeerkamer,’n hoekkamer van die
woonhuis, sonder waarskuwing
ineengestort. Elkeen het sy boeke
en ander besittings versigtig onder
die puin uitgegrawe. Veral gehawend
was ’n “mooi planetarium en
een groote aardglobe van die heer
Louis”. Meester Louis het egter gespaar
om ’n behoorlike skoolgebou op
te rig. Dié bouproses het telkens
stilgestaan wanneer daar nie geld
was nie. Twee Nederlanders, Van
Smalen en Pierneef, het die timmerwerk
aan die skoolgebou
gedoen.
Deure en kosyne het uit
Natal gekom. Die plafon was van
seildoek en het heen en weer
beweeg as die wind gewaai het.
Mettertyd is dié gebou voor die
koetshuis klaar gebou. Daar was
vier groot vertrekke en een klein
kamertjie waarin ’n ene mnr. Kalt
twee doofstom kinders onderrig
het.
Leerlinge voor die Staatsmodelskool. Die grondpad wat voor die skool verbyloop is Van der
Waltstraat.
Kos
Die inwonende beurshouers het £4 per maand vir voeding en
onderrig ontvang. Hoe die ander
leerlinge skoolgeld betaal het kon
Meester Louis se dogter later jare
nie meer onthou nie. “Wel weet ik
dat er pampoen, gedroogde
perziken en botter en een mud
aardappels of zoete aardappels
gegeven werd.”
Hul stapelvoedsel het bestaan uit
bruin brood “met zemelen en een
tikje aan den zure kant” met botter
gedurende die somer en “golden
syrup” gedurende die winter. Die
middagmaal het altyd met dik sop
begin en verder uit taai beesvleis
bestaan – “op Pretoria werden uitsluitend
oude trekossen geslaght,
die niet goed meer konden”.
Daar was geen badkamers nie en
die leerlinge moes in die
Apiesrivier gaan swem. Hul gunsteling
swemplek was in “Meintjes se
gat” vlak bo Meintjes se drif, ongeveer
waar Leeubrug vandag is.
Verskillende spelsoorte is beoefen.
Rugby-voetbal was veral gewild,
maar die markplein voor die skool
was nie juis geskik vir die spel nie
omdat die bal gewoonlik ’n lek
opgedoen het in die doringbossies
wat daar gestaan het.
Die eindeksamen is elke jaar in die
ou skoollokaal op Kerkplein
geskryf. Vir die seuns was een van
die ergste dele van dié eksamen
die feit dat hulle dan hul skoolbanke
deur die hele dorp Kerkplein
toe moes dra. Die eksamens
was openbaar en verskeie belangstellendes
het gewoonlik kom kyk
hoe dit gaan.
?n Ander aansig op die Staatsmodelskool. Die huis regs van die skool het behoort aan RD Collins en was ook die koshuis.
Nuut
Op 1 Augustus 1893 is die “Staatsmodelschool”
en ‘Staatsgymnasium’
deur die Superintendent van
Onderwys, dr N Mansvelt, in ’n
verskeidenheid geboue rondom
Kerkplein, geopen. Meester Louis
het dosent in Wiskunde aan die
Staatsgimnasium geword, ’n pos
wat hy tot 1900 beklee het. Sy ou
skoolgebou is as ’n kerkgebou
gebruik deur die Nederduitse
Hervormde Gemeente.
Die nuwe staatsmodelskool in
Van der Waltstraat, tussen
Schoeman- en Skinnerstraat, is in
1896 voltooi en op 19 Januarie
1897 geopen.
Dié skool is egter kort daarna gesluit
toe die Anglo-Boere-oorlog
uitgebreek het. Dit is as tydelike
verblyfplek vir ’n aantal Britse
krygsgevangenes, soos Sir Winston
Churchill, ingerig. Dit is uit dié
skool waar Churchill sy beroemde
ontsnapping gemaak het.
Lord Milner, Britse koloniale sekretaris,
het die skool in 1901 heropen
as die Pretoria Boys High
School. So het dié skool die heel
eerste van die sogenaamde ‘Lord
Milner skole’ geword.
Meester Louis is ná 1900 terug
Nederland toe en is in 1917 in
Nijmegen oorlede.
Vir meer inligting oor Ou Pretoria
kontak Rosa Swanepoel by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. |