Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2015 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 24 November 2015 20:26
Untitled Document


’n Noodhulpkursus word op 5 Desember deur die Rayton/Cullinan-buurtwag aangebied. Bel Johann by 084-464-1798 vir meer besonderhede.

~*~


The Zwavelpoort-based Cedar Junction’s food and farmer’s market is held on Sundays from 9 am to 3 pm. You can look forward to organic farmers’ produce, craft beer, international food, country cooking and live entertainment at this train theme park.

A tots’ market, featuring stalls especially for children, is held every last Sunday of the month from
9 am to 3 pm. Cedar Junction is on plot 404, Zwavelpoort in Lynnwood Road extension. The entrance fee is R10 for adults and R20 for children. Call them at 012-811-5065.

~*~


Dié twee foto’s is nie deur Etienne Schoeman geneem, soos wat verkeerdelik by ’n berig oor kabeldiewe in verlede maand se Bronnie gemeld is nie.

~*~

Drie moordverdagtes is vroeg in November deur die Cullinanse polisie in die gebied aangekeer. Die drie mans van tussen 18 en 25 jaar oud, word daarvan verdink dat hulle vroeër ’n 20-jarige man op Bronkhorstspruit vermoor het.

~*~


Die drie veterane, Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo, bekend as ‘Drie van die Bestes’, tree op 29 November van 3 nm op by Atterbury-teater. Hulle vermaak gehore al vir meer as 10 jaar met humor en musiek. Kaartjies kos R140 tot R160. Atterburyteater is in Daventrystraat 4, Lynnwood.
Skakel 012-471-1700.

~*~


Qumi Tehuis vir intellektueel gestremdes op Rayton hou op Saterdag 28 November ’n Kersmark by die dagsorgsentrum langs die NG-kerk. Bel Marli Baily om ’n tafel te bespreek, of om meer
inligting: 083-307-0122.

~*~

Die vriendelike swart kat, Leo, wat altyd saam met sy maatjie Tiger op die stoep voor die veeartspraktyk en slaghuis by die Zwavelpoortse koopsentrum te sien is, het spoorloos verdwyn. Dit het al in die verlede gebeur dat Leo in niksvermoedende klante se motors klim terwyl hulle inkopies doen en dan ’n rit saam met hulle huis toe geniet. Telkens het die mense Leo teruggebring na sy stoep toe, maar dié keer bly hy weg. As jy dalk weet waar Leo hom bevind, bel asseblief vir Janes Wagner by Zwawel Vet: 082-213-5920.    

~*~

“Daar is nog engele.” So sê vriende van Martiens van Staden van die Bapsfontein-distrik nadat sy oogprobleme deur Dr Marcel Niemandt behandel is. ‘n Vriendin van Martiens het die Bronnie gebel om te sê dat Martiens al by verskeie hospitale was met katarak-probleme en sere in sy oë en hy kon net nie geholpe raak nie. Sy sê dat hy nou so opgewonde soos ‘n klein hondjie is nadat oftalmoloog Dr Marcel Niemandt en sy personeel hom gratis gehelp het.

~*~


Klipkop Bewarea bied twee begeleide staproetes: die 15 km Verfkop-roete en die 18 km Tweedragt-roete. Diere wat op dié roetes gesien kan word strek van kameelperde, verskeie boksoorte, soos elande, koedoes, duikers en oribies, en ‘n groot verskeidenheid voëls. Oornagverblyf is beskikbaar. Om te bespreek, besoek http://klipkop.co.za. Die ingang na die bewarea is van die Bapsfontein/Bronkhorstspruitpad (R25), naby Lynnwoodweg se aansluiting.

~*~

Zwavelpoort se hoewebewoners, wat elke oggend die druk verkeer by die kruising van Atterburyweg-verlenging en Olympus-De Villebois Mareuilrylaan moet aandurf, wil dankie sê vir die outjies wat die verkeer reguleer. “Die munisipaliteit wil nie vir ons ‘n verkeerslig opsit nie en daar is reuse opeenhopings by dié vierrigtingstopstraat wanneer Outsurance se outjies nie daar is nie,” sê inwoners. “Dankie, julle doen goeie werk. Dit word raakgesien.”

~*~


‘Die Wagkamer’, ‘n tragi-komedie geskryf deur Saartjie Botha, word op 4 Desember om 8 nm by Atterbury-teater aangebied. Elize Cawood en Wilson Dunster vertolk die rolle van Bertie en Alfrieda Botha, twee oumense wat nuwe dinge ervaar, deur mekaar se brille daarna kyk en lag terwyl hulle wag. Kaartjies kos R130 tot R150. Atterburyteater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~

Die Rayton/Cullinan-buurtwag hou op 4 Desember ’n vinger-ete vir die Cullinanse polisie. Mense wat bereid is om te help met skenkings om eet- en drinkgoed aan te skaf, kan Johann bel by 071-540-6338.

~*~


Kunstenaar Johan Marais van Woodlands hou tot 14 Desember ‘n uitstalling by die Brooklyn-teater in Menlopark. Bel Johan vir meer besonderhede by 012-997-3092.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online