Kersgeskenke te kies en keur by Nickelmark PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 November 2015 22:16
Untitled Document

Groot opgewondenheid heers oor vanjaar se Nickel Kersmark. Die mark is van 28 November tot
16 Desember en is daagliks oop tussen 9 vm en 6 nm.

Nickel Kersmark is by die Paul Jungnickelhuis, Kungwini Welsynsorganisasie in Zwavelpoort en bied handgemaakte items van gehalte. Daar is ook ‘n teetuin met ligte etes, veilige parkering en bankkaartgeriewe.

Jou aankope ondersteun volwasse gestremdes en help met werkskepping onder inwoners van die tehuis. Die projek het in 2001 begin en tehuis-inwoners werk dwarsdeur die jaar om produkte vir die mark gereed te kry.

Kungwini Welsynsorganisasie is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Vir meer inligting,
skakel 012-940-0221.

 

© 2019 Die/The Bronberger