Veterane groet die jaar PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 November 2015 22:13
Untitled Document

Elsabé Maré

Veertig stuks ystermanne van die Hoëveld Trekker- en Enjinklub het op Saterdag 7 November by Willem Prinsloo Landboumuseum saamgetrek om die jaar se verrigtinge af te sluit.

Mark Hohls, voorsitter van die klub, het die jaarlikse klubprysuitdeling behartig. Agt pryse met trofeë is uitgedeel. Sarel Botha het weggestap met die klubenjin van die jaar trofee en die lid van die jaar wat die meeste vir die klub gesweet het met die Mampoerfees-reëlings.


Mark Hohls by Brian Ilsley se stoomenjin wat in 1940 aan sy oupa, James Phillip Ilsley, behoort het


Sarel Botha ontvang die klubenjin van die jaar trofee van voorsitter Mark Hohls
.


Peter Pontsteen is as erelid van die klub vereer. Hy ontvang sy toekenning by voorsitter Mark Hohls

Peter Pontsteen is as erelid van die klub vereer. Jonglid van die jaar was Herman Alberts (onder dertig-trofee) vir sy enjin, trekker en tuingereedskap. Die aanjaagtrofee het aan voorsitter Mark Hohls gegaan, wat ontken dat sy trekker se wiel uitgeval het. Hy het die trekker van die jaar toekenning vir sy blou Fordson Dexta gewen.


Die trofeëwenners

By vanjaar se nasionale skou het die klub met vyf pryse weggestap. Een daarvan was Sarel Botha se ‘Beste enjin van die Skou’-trofee.

‘n Kort oorsig oor volgende jaar se beplanning en bedankings vir vanjaar se werk het gevolg.


Die veterane kom vir hulle jaareindfunksie bymekaar

Daar is met die museum se bestuur oor die skuur vir storing van klubeiendom onderhandel en die gebruik van ‘n groter skuur is goedgekeur.

 

© 2019 Die/The Bronberger