Kolwyntjies vir hoop verkoop PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 November 2015 20:07
Untitled Document

Cullinan Apteek het van 23 tot 30 Oktober R11 000 vir Cupcakes of Hope se Cupcakes 4 Kids with Cancer ingesamel. Die bedrag is in dié enkele week ingesamel deur kolwyntjies by die apteek te verkoop.

Die kolwyntjies het vanuit verskillende oorde gekom; sommige is deur die apteekpersoneel self gebak en versier; ander is deur verteenwoordigers van farmaseutiese maatskappye geskenk en die plaaslike Spar, onder leiding van Manny Pires, het 500 kolwyntjies geborg.


Voor sit Helena Gouws, in die middel is Elmien Rothe, Rita Matthee en Rachelle Kruger, en agter is Yolandi Engelbrecht, Patience Adoons en Belinda Wepener
Foto: Elsabé Maré

Die bakkery en versiering het soms tot groot vermaak onder die personeel gelei. Die projek het ook ruimte gelaat vir die gemeenskap om betrokke te raak en ’n paar van die rehabilitasiesentrum se inwoners het ywerig gaan help verkoop.

Selfs die sustersapteek, Rayton Apteek, se personeel het gehelp verkoop en op Saterdag 24 Oktober is die gedeelte voor die apteek op horings geneem toe almal saam verkoop het.

 

© 2019 Die/The Bronberger