Ruiters presteer in nuwe dissipline PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 November 2015 20:05
Untitled Document

Twaalf ruiters van die Mooiplaats-gebaseerde Marlet Perdrysentrum het in Oktober aan die Westerse Berede Spele se nasionale kompetisie deelgeneem en menige pryse huis toe geneem. Die kompetisie is by Misty Meadows op Rietfontein naby Rayton gehou.

Letitia Venter van Marlet sê dat van dié ruiters hulle persoonlike beste tye oor die drie dae van die kompetisie bereik het.


Marlet se ruiters

“Tussen die 12 van ons het ons 50 plekke in die top 15 in Suid-Afrika gewen. Daar het 285 ruiters op verskillende vlakke in 11 items deelgeneem,” sê sy.

Die berede speletjies is ‘n nuwe dissipline wat amptelik in 2012 deel van erkende perdry-afdelings geword het. Letitia sê dit is groot pret en leer die ruiters spoed, behendigheid en balans.

Ruiter en perd moet patrone om ’n drom of paal ry

Dié sport vereis ruiter en perd om ’n patroon om ’n drom of paal te ry. Die doel is om die vinnigste tyd op te stel, maar om die sagste, mees effektiewe tegnieke te gebruik om perde deur die patrone te ry.

Die sport maak op totale vertroue en kommunikasie tussen perd en ruiter staat.

 

© 2019 Die/The Bronberger