Nog verwronge aandag aan afkop-vrou PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 November 2015 20:04
Untitled Document

Verwronge aandag aan Cullinan se afkop-beeld neem toe. Die nuutste verwikkeling is ‘n kennisgewingbord wat aan die afkop-beeld vasgeketting is. Die bord lees: ‘I found instant relief from cold miseries’.

Verlede maand het ons berig dat Cullinan-inwoners nie meer in die geskende beeld, ‘Transformasie’, wil vaskyk nie. Die beeld is reeds drie keer geskend en beeldhouer Ronel Coetzee het die beeld aanvanklik aanhou regmaak.


‘n Kennisgewingbord wat aan die afkop-beeld vasgeketting is, lees ‘I found instant
relief from cold miseries’
Foto’s: Ronel Coetzee

Sommige inwoners wil hê die beeld moet weer reggemaak word en ander dreig om die beeld self af te breek en te verwyder. Ronel wil egter hê dat die geskende beeld net so moet bly staan as ‘n stelling oor die sosiale Cullinanse kultuur waarin sy haar bevind.

Wilhelm Schmidt sê die nuutste verwikkelings laat dit voorkom “asof die siekte dieper loop as wat aanvanklik vermoed is”.


Die kennisgewing is met ketting en slot aan die beeld vasgemaak

“Ek is besig om ’n aantal kunstenaars aan te spoor om gesamentlik ’n stuk of tien beeldhouwerke in ’n groot ellips rondom ‘Transformasie’ op te rig as ’n teken van solidariteit met die beeld, met Ronel en met openbare kuns oor die algemeen,” sê Wilhelm.

“Die rompslomp met die munisipaliteit van Tshwane om amptelike toestemming te verkry is egter ’n heel unieke beproewing. Of is dit deesdae normaal?”
 

© 2019 Die/The Bronberger