Stephan presteer halfeeu later in ouma se skool PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 24 November 2015 20:02
Untitled Document

Stephan Spies, Laerskool Tygerpoort se senior Victor Lodorum, presteer in dieselfde laerskool as die een wat sy ouma bietjie meer as ‘n halfeeu gelede bygewoon het.

Lynette Pretorius, ‘n nooi Cornell, was ’n leerling aan die destydse Tierpoort Laerskool (nou Tygerpoort). Sy sê dat standerd twee tot vyf daardie jare nog in een klas was. Die skool was toe ook nog tweetalig: “Die meneer het in Afrikaans skoolgegee en dan in Engels ook verduidelik.”


Stephan Spies

Lynette sê dat die kinders destyds met pouses ’n beker vla of soms sop en ’n broodjie gekry het. Die hoof was mnr Van Den Berg en oom Ben Liebenberg het die ou skoolbus bestuur.

Dié ouma is nederig trots op haar kleinseun, wat ’n ware uitblinker op die sportveld is. Stephan is vanjaar in graad sewe en is die kaptein van sy skool se eerste rugbyspan, vir die 15-tal en sewes. Hulle het die liga gewen en was Blou Bulle-naaswenners.

Stephan is as losskakel vir die Blou Bulle se onder 13 Cravenweekspan, wat algeheel tweede geëindig het, gekies. Hy het ook die Blou Bulle by die nasionale sewes toernooi verteenwoordig en is aangewys as die beste agterspeler en speler van die jaar.


Lynette Pretorius en haar kleinseun, Stephan Spies

In atletiek het hy Gauteng by die SA Kampioenskappe vir spiesgooi verteenwoordig en derde plek behaal. Hy is as die beste senior veldatleet aangewys.

Stephan was die eerste kwartaal se hoofseun en hy gaan volgende jaar Hoërskool Garsfontein toe.

 

© 2019 Die/The Bronberger