Derduisende liters pypwater gemors PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 24 November 2015 19:58
Untitled Document

Duisende liters water het te midde van een van die grootste droogtes in die gebied in Mooiplaats verlore gegaan.

Die waterlekkasie was uit die munisipale pypwaterstelsel op die hoek van die Boschkop-grondpad en Meerkatstraat in Mooiplaats. Dit is glo deel van die pypwaterstelsel wat onder andere vir Water Lake Farm van water voorsien.

 

Volgens inwoners is dit ‘n gereelde probleem wat elke keer weke lank neem om herstel te word.

Die lekkasie het die aand van 9 November weer begin. Teen die Bronnie se saktyd is die probleem nog nie opgelos nie en het die kosbare water nog gestroom.
 

© 2019 Die/The Bronberger