Laat lesers praat PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 24 November 2015 19:56
Untitled Document

Ons spesiale Kersuitgawe verskyn na beplanning reeds op 9 Desember. Dit sal die laaste Bronnie van die jaar wees en bied aan adverteerders en lesers die ideale geleentheid om saakmaakmense met hulle Kersaanbiedings en -boodskappe te bereik.

Oor hoekom dit jou sal baat om deel te wees van dié en elke ander uitgawe, kan ons bladsye vol praat. Ons het egter besluit om die praatwerk aan ons lesers oor te laat. Uittreksels uit enkele briewe wat ons net in 2015 ontvang het, behoort dit duidelik te maak:

Jeanette Smith van Faerie Glen: Dankie tog vir Die Bronberger! Het al weer nuwe beginner-kunstenaars gewerf vir my kreatiewe kunsklasse.

Deon van Rensburg van die Boschkopse GPF: Dankie vir julle inset in die gemeenskap. Dis ongelooflik hoeveel mense Die Bronberger (in detail) lees en die oproepe wat ek gekry het na die GPF Mandela-projek wat julle geplaas het.

Wilhelm Schmidt van Cullinan: Baie dankie vir julle uitstekende publikasie. Dit is altyd ’n fees om te lees. En die verskeidenheid is prysenswaardig.

Warren Haskins from Pretoria: I would like to compliment you on a great publication that I receive monthly and also congratulate you on the longevity that the publication has sustained. Being in the business I understand how difficult it is out there.

Alet Erasmus van Kleinfontein: Die Bronberger was in al die jare wat ons deel is van die omgewing, ’n tydskrif om na uit te sien. Ons ondersteun graag die adverteerders – sommige al ou bekendes.

Yvonne Pienaar van Centurion: Ek is nou so opgewonde en wil julle graag laat weet dat ons meer navrae oor ons reünie uit die Bronnie gekry het as uit enige ander plek.

Ewoud Malan van Mooiplaats: Die beste tydskrif (omgewingskoerant) ooit!

Douw Badenhorst van Lungile Gastehuis: Ons mis nie een enkele uitgawe nie en lees dit dan van voor tot agter. Ons gaste van oral geniet self die tydskrif.

Buks Barnard van Nooitgedacht: Dankie vir ’n leeswaardige tydskrif. Die Bronberger is vandag die beste tydskrif op die rak.

Martie Viljoen van Cullinan: Julle is werklik ‘n riem onder die hart, nie net vir die besighede nie, maar ook vir die publiek. Ek wens partykeer dat julle kan hoor wat se goeie terugvoer ek ontvang van die publiek rakende die Bronnie

Fred Colling van Faerie Glen: Al die adverteerders en getroue lesers lewer sulke mooi bydraes om ons gemeenskap ‘n gesogte en beter plek te maak.

Hannelie van Jaarsveld van Du Plooy Melkery: Baie dankie vir ’n puik boek waaroor almal by ons wil baklei as daar nie meer oor is nie.

Annette Prinsloo van Donkerhoek: Ek gebruik die adverteerders in Die Bronberger en ek neem elke keer ekstra Bronnies vir ons ander seun en familie wat in Montana woon. Hulle geniet ook die tydskrif.

“I rest my case. . .” – Red.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online