Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt2015 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 27 October 2015 08:21
Untitled Document

Lakelands Aarbeiplaas hou op 7 November ‘n Aarbeifees. Gaan geniet ‘n dag vol aarbei-plesier van
9 vm to 4 nm. Toegang is R30 per persoon en gratis vir kinders onder drie jaar. Daar is addisionele toegang tot die wynproe. Vars aarbeie in alle vorme is te koop. Daar is lewendige vermaak van vroeg tot laat en ‘n Mej Aarbei en Mej Lakelands gaan gekies word. Besoekers kan uitsien na ‘n verskeidenheid kosstalletjies, handwerk en kunstige uitstallers, ‘n speelplek vir kinders en ‘n teetuin vir lafenis. Lakelands is op plot 23, Tierpoort. Skakel 072-942-5111.

~*~


Ons hoor vanjaar se Nickel Kersmark mik om alle voriges te oortref. Die mark duur van 28 November tot 16 Desember en is daagliks oop tussen 9 vm en 6 nm. Dié mark is by die Paul Jungnickelhuis, Kungwini Welsynsorganisasie in Zwavelpoort en bied handgemaakte items van gehalte. Daar is ook ‘n teetuin met ligte etes en ‘n Sondag buffet-ete. Jou aankope ondersteun volwasse gestremdes en help met werkskepping onder inwoners van die tehuis. Die mark is op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging. Vir meer inligting, skakel die Kungwini Welsynsorganisasie by 012-940-0221.

~*~

’n Bussie van die Gekombineerde Skool Cullinan is vroeg in Oktober gesteel. Die minibus is duidelik met die skool se naam en wapen gemerk.

~*~


‘Afrikaans Is Groot 2015’ word van 19 tot 25 November om 7.30 nm by die Moreletapark Ouditorium aangebied. Kaartjies is R175 tot R575. Bespreek jou kaartjie by http://www.groottickets.co.za. Die ouditorium is in De Villabois Mareuilrylaan, Moreleta Park.

~*~

Hulle vertel dat die plaas Brandbach, noord-oos van Cullinan, destyds sy naam op ‘n vreemde manier gekry het. Dié plaas het glo aan ‘n Breytenbach behoort wat een winter die hele plaas en omgewing afgebrand het. Die man is toe glo terstond herdoop na ou ‘Brandbach’.

~*~


Radio Kalahari Orkes tree op 30 Oktober om 8 nm by Rafters op. Ian Roberts en sy orkes bring ‘n mengelmoes van rock & roll, ghoema, Latyns, jazz en Afrikana. Hulle gebruik penniefluitjies, mondfluitjies, trekklavier, viool, bas, tromme, kitare en soms ‘n sitar. Toegang is R100. Rafters is oorkant Mooikloof, op die hoek van Garstfonteinweg-verlenging en Blesbokstraat. Skakel 082-600-3469.

~*~


 ‘Punk in Plakkies – Die lament van ‘n lui anargis’ word op 12 November om 8 nm by Asbos Teater aangebied. Dit is komediant en akteur, Hannes Brümmer, se eerste volwaardige eenman-vertoning. In dié vertoning kom ’n wye verskeidenheid onderwerpe onder die loep. Afrikaans-, man-, waarnemer- en menswees word ondersoek. Die materiaal is ’n samevoeging van ’n tien-jaar-lange loopbaan. Daar mag dalk kragwoorde gebruik word en die vertoning is nie vir kinders of kinderlikes nie. Kaartjies vir mense 18 jaar en ouer is R100. Asbos Teater is by die Karoo-kompleks in Lynnwoodweg, Die Wilgers. Skakel 082-564-0999.

~*~

’n Allemintige ontploffing op die middag van 7 Oktober het die mense (en diere) van Cullinan behoorlik op hol gehad. Die slag het huise in die dorpie tot in die fondamente geskud, menige mens kort duskant hartstilstand laat skrik en honde en katte op loop laat sit om onder beddens te gaan wegkruip. Die bron van die slag was ’n bogrondse ontploffing by die diamantmyn waar ’n nuwe struktuur opgerig gaan word. Inwoners meen die myn moet mense vooraf waarsku, sou hulle weer besluit om plofstof laatmiddag op dié manier te gebruik.

~*~


Danie Niehaus bied ‘Parys in die Somer’ aan by Atterburyteater op 25 Oktober om 3 nm. Danie sing musiek van verskeie genres en in verskeie tale. Die musiek is die pennevrug van sy afgelope 30 jaar in die musiekbedryf, wat ook sy nuwe treffer, ‘Parys in die somer’, insluit. Die program neem die gehoor op ‘n musikale reis met vertellings oor die ontstaan van al die liedjies. Kaartjies is R140 tot R160. Atterburyteater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


NG Kerk Moreletapark se Kersmark is van 28 Oktober tot 7 November. Daar is meer as 200 uitstallers van reg oor Suid-Afrika, wat geskenk-idees, juwele, versierings, voedsel en alles en nog wat vir die huis bied. Die mark is daagliks van 9 vm tot 8 nm en is toe op Sondae. NG Kerk Moreletapark is in De Villabois Mareuilrylaan, Moreleta Park. Skakel 083-417-5000 of 082- 453-7933.

~*~


Die Nasionale Dieretuin bied op 10 November vanaf 9 vm gratis toegang vir almal bo die ouderdom van 60 jaar. Daar is ook gratis toegang tot die akwarium en reptielpark. Die dag se aktiwiteite begin met komplimentêre koffie, tee en koekies by die dieretuin se Flamingo-restaurant waarna ‘n program aangebied word. Besprekings is noodsaaklik vir die spesiale maaltyd wat ook dié dag in die restaurant voorberei word. Skakel 012-339-2700. Die dieretuin is in Boomstraat 232.

~*~


Ons hoor Maudie Smit van Cullinan is op 26 September as een van die ‘Out of Africa’ skoonheidskoninginne gekies by ‘n gala-aand by die Atterbury Teater. Dié is geen gewone skoonheidskompetisie nie en deelnemers is ook hulle sout in die sakewêreld werd. Hulle samel fondse in vir liefdadigheidsorganisasies soos Kinderkanker-vereniging (Choc) en SA Rhino.

~*~


Onthou dat Back2Basics op 30 en 31 Oktober om 7 nm by die Cullinan-ontspanningsaal optree. Dié saal is by Brillante La Mia Restaurant, op die hoek van Main- en Librarystraat. Kaartjies is R30 tot R150. Bel Jessica by 083-658-1001, Ada by 079-756-5265 of Denise by 061-453-4272 of stuur ‘n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Die Spookbus ry op 30 en 31 Oktober van 7 nm tot middernag, waar die toer by die begraafplaas eindig. Mense kan uitsien na poltergeeste, EVP opnames, kastele, ‘n donker spookagtige kamer en verversings. Die spookrit kos R349 per persoon. Bespreek by www.QUICKET.co.za.

~*~

Club Bohemia, a group of like minded artists of different art forms, is celebrating Halloween at Asbos Theatre on Saturday 31 October from 7 pm to 10 pm. Artists include: Karen Basson, visuals; David C Steyn, poetry; Marcia Moon, singer and songwriter; Andre Van Rensburg, instrumentalist; Rynier Prins, outstrumentalist; and Izanne Wiid, sculptures. Entrance is R100 and only for people over the age of 18 years. Asbos is at Karoo Square in Lynnwood Road, The Willows. Phone 082-564-0999.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online